Lediging van die Ou Wyn, Word Gevul Met Die Nuwe!

Boodskap Van Elisabeth Elijah Nikomia
17-01-02

Geliefde van YAHUVEH en YAHUSHUA,

Ek bevind myself dat ek na n volgende hor vlak van salwing gaan, en om dit te doen moet jy die ou wyn ledig om plek te maak vir die nuwe wyn. Onthou die skriflesing, nuwe wyn en ou wyn kan nie meng nie anders bars die houer. Die afsaksels op die bodem van die koppie word geskrop met wat lyk na n staal wol lap. Toe ek onder die leiding van die Ruach ha Kodesh begin bid het, is my koppie tot oorlopens gevul, ek het nie besef dat YAHUVEH die koppie leeggemaak het om dit weer op te vul nie! SJOE! Dit het gevoel of liggaam, gedagtes, siel en gees uitgegiet word! Dan om dit hierby te voeg n kind in wetlike bewaring stryd. Hou asseblief aan om vir my te bid dat ek volkome OORWINNING in alle opsigte sal ontvang vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA! YAHUVEH sal nie toelaat dat enige skande oor die bediening kom nie, my seuns se biologiese vader het besluit om die bediening teen my te gebruik in die hof om te bewys dat ek nie waardig is om moeder te wees nie. Op n keer het sy prokureur so ver gegaan om afskrifte te maak en gewaag om die salwing aan te raak!

Ek is nederig gemaak deur YAHUVEH, deur die salwing in n ander broer te gebruik om my baie dinge te leer. YAHUVEH s dit is intensiewe sorg en ek rus. En gewoonlik rus ek nie baie maklik nie.

By tye moet ek paniek beveg want die normale manier van dinge doen was nie meer toelaatbaar nie. Gehoorsaamheid aan YAHUVEH het strenger geword. Ek het nou n sening ontvang, nie slegs van n lyfwag nie, maar YAHUVEH het ges dat hy ook gesalf is om die salwing in my te bedek, sowel as my gees, gedagtes en liggaam. Hoekom was dit nodig? Omrede ek baie nuwe dinge moes leer, sodat ek die vroue wat GODVRESENDE mans het, kan leer. Ek leer dat n woord wat ek nooit gedink het saam met die woord eggenoot of man gaan genoem word : onderwerping. Ek leer die woord Onderwerp is noodsaaklik om die vroue wat getroud is te leer sodat hulle gevind kan word sonder vlek of kreukel wanneer YAHUSHUA kom sowel as om die bedekking van die salwing wat hul GODVRESENDE maat te kry. Dit is die mans wat waarlik soek na YAHUVEH en YAHUSHUA se wil in hulle lewens en huwelike.

Ek sal n lering hieroor skryf soos die Ruach Ha Kodesh my lei. Dit is alles vir myself ook Nuut want ek weet net van die misbruik en die beheer op elke denkbare manier van n man, en het gedink dit was onderwerping en wou niks daarmee te doen gehad het nie. Ek leer nou wat n GODVRESENDE man, na YAHUVEH se hart en bedekking, werklik is.

Dit is weer nie oor n man se beheer oor n vrou omrede hy n man is, dit is slegs oor n salwende bedeking en gehoorsaamheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA, en as dit in lyn is met die Bybel. Ek sal nog steeds enige man tot by die randsteen skop wat probeer om my in lyn met sy wil te bring, in plaas van YAHUVEH se wil!

Ek het n leeftyd van bakleiende mans wat probeer het om my te beheer, manipuleer en te intimideer met hulle eie wil! n GODVRESENDE man na YAHUVEH se eie hart, sal sy maat liefh en slegs begeer om haar net die beste te gee, nie die slegste nie. Sy sal die begeerte h en gewillig gehoorsaam omrede sy die liefde van YAHUVEH sowel as YAHUSHUA aanvoel, sowel as die salwing van die man. Nou omrede ek nie n man gehad het om dit van te leer nie, het ek dit op n unieke wyse via n ander gesalfde broer geleer. Geen man sal my beheer nie! Want dit is geprofeteer dat ek dieselfde salwing as Debora van ouds het, en alleen YAHUVEH en YAHUSHUA sal my beheer, en die broer wie n ontsagwekkende en gewigtige verantwoordelikheid gehad om my te leer van onderwerping, sal die eerste wees om in te staan hiervoor.

Toe YAHUVEH voortgespreek het, en ek weet wanneer dit my Vader YAHUVEH se stem is, en ek ken die salwing deur in die broer se o te kyk! Ek weet wanneer om nie te argumenteer nie. Ek moet s daar is troos in n man as die geestelike hoof van n huishouding , as n gebedsbedekking, maar weereens die vrou is ook gelyk wanneer dit kom by die salwende voort spreek uit haar en selfs die gesalfde broer in YAHUSHUA wat gebruik word om my te leer saamstem dat hy agterkom wanneer YAHUVEH en YAHUSHUA deur my mond praat en die salwing wat opwel in my o. Mans moet besef dit is nie n eenrigting straat nie, dit is alles oor gehoorsaamheid aan die GOD wat ons dien en spanwerk onder salwing. Dit is nie een geslag die meerdere van die ander moet wees nie.

Om gesnoei te word soos n boom is nie aangenaam nie, maar noodsaaklik. Om geledig te word om plek te maak vir vars nuwe salwing, meer kragtig as ooit van tevore, is nie maklik nie, in werlikheid het ek met tye ontsteld geraak, om die minste te s.

Maar dit maak nie saak nie, YAHUVEH is die pottebakker en ons die klei en HY sal ons vorm soos HY van voorneme was om ons te vorm, so lief het HY ons! Self al beteken dit dat jy in die brandende smeltoond wat 7 keer warmer is moet gaan! Wat ek voel ek nou in is, maar kyk, ek is nie alleen nie YAHUSHUA loop saam met my in die vlamme sowel as al diegene wat hul lewens en alle besittings neergele het vir HOM.

YAHUVEH het my vertel om alles op die altaar van offerande neer te l en dit is wat ek nou doen. Dus word ek omring deur ander wat dit ook doen. Dit wat bedoel was om oor te bly sal oorbly, en dit wat geestelik terughoudend is vir ons geestelike groei sal deur YAHUVEH en YAHUSHUA se hande verwyder word! Nie mense hande nie!

Ek het gedink ek was voorheen nederig, maar onlangs bevind ek myself ter wille van die bediening sowel as my verhouding as deel van YAHUSHUA SE BRUID selfs meer op my gesig as ooit van tevore voor die wat my nederig gemaak het en meeste van almal ons Vader YAHUVEH en Verlosser YAHUSHUA. Daar is n verskriklike prys om te betaal om waarlik in die nederigheid van YAHUSHUA te wandel en om werklik elke gebod te gehoorsaam van YAHUVEH en YAHUSHUA, maar dit gaan goed met my siel, net my vlees worstel waarlik.

Ek neem n blaaskans vir n magtige herlewing in die lente. So dit beteken daar sal nie gereis word in hierdie tyd nie. Vir die eerste keer in my lewe is ek instruksies gegee deur ons Vader YAHUVEH om die tyd te neem om myself te leer. SJOE! Dit was nie maklik nie! Dit was soos om verbande van wonde af te pluk wat so vol infeksie was dat gangrene op die punt was om in te tree. Ek het die wonde versteek gehou, die herinneringe sou my vernietig, dus het ek hulle geblokkeer, so baie jare van my leeftyd met hulle! Nou in die nuwe tyd en seisoen word ek geforseer om dinge in my lewe raak te sien, wat ek eeder nie sou wou sien nie. Toe YAHUVEH probeer het om my sover te kry om sekere dinge te onthou en om akkoord te gaan daarmee, het ek die pyn geignoreer en dit uit geblokkeer, en harder op ander se pyn gekonsentreer sodat ek die fokus kon aftrek van my eie pyn en het verligting gekry as ek sien hoe hulle genees en bevry is.

2002Daar is n kragtige profetiese woord wat in my gebore word. Ek kry dit so bietjies en stukke soos kraampyne, maar dit is as gevolg van die geestelike foltering wat ek deurgaan, en dit sal voortkom in YAHUSHUA se tyd en sal help om gevangenes te bevry. As dit verskyn moet ek dit leef.

Groter salwing is op pad maar weens die intensiteit van daardie salwing is daar n groter prys wat betaal moet word om dit te kan ontvang. Nie enige een sal gewillig wees om die prys van offerande, nederigheid en om uitgegiet te word en hervul te word nadat die afsaksels van die koppie skoongeskuur is te betaal nie. Nie enige een wat dink hulle is n mooi boom, sal toelaat, om weer gesnoei te word nie! Dit is hoekom ek so stil is die afgelope tyd en die wat in die bediening naby my is, voel dieselfde en weet nou hoekom dit so is.

Dit is suiwer HEILIGE GEES RUACH HA KODESH WEERMAG KAMP! Dit is waarskynlik die mees intensiewe tyd in my lewe ek het selfs iemand wat ek eens beste vriend genoem het, sien uitdraai as n werklike Judas selfs tot die punt van gevaar. Ek wonder of ek die Weermag kamp sal oorleef? Maar ek weet YAHUSHUA het my verseker ek sal en menigte ander sal voordeel trek van dit wat ek tans verduur. Geen goeie dinge word deur YAHUSHUA begin en nie voltooi nie. YAHUSHUA is die ouditeur en voleinder van my geloof! Ek het geprotesteer toe Vader YAHUVEH my persoonlikheid geneem het en sekere aspekte daarvan verander het. Ek het hom laasnag vertel dat dit is wie ek is en HY het geantwoord "Elisabeth dit is nie wie jy is nie! Dit het betrekking op wie jy weerspieel en wie jy voorstel dit het betrekking op WIE EK YAHUVEH IS! Hoe kan ek hiermee stry? Ek begeer om na die volgende vlak van salwing te beweeg en besonder om gehoorsaam te wees aan Vader YAHUVEH en YAHUSHUA, want hoe kan ons Hom Here noem en nie gehoorsaam nie? Watter man sal met n vrou trou wat dislojaal teenoor hom is, en vir Hom skande sal bring? Hoeveel te meer verlang YAHUSHUA dit? Indien jy jouself Sy Bruid noem dan moet jy die les van my leer. Wanneer ek stil is, weet net ek luister meer as praat of gesels en ek is soekend sodat ek kan deel wat ek vind in YAHUVEH en YAHUSHUA!

Die jaar van 2002...ons wat aangemoedig word na n hor vlak van salwing en verantwoordelikheid sal benodig word om dit te beveg wat die vyand beplan om te doen indien dit toegelaat word. Dit sal die moeite werd wees om selfs in die kleinste dinge gehoorsaam te wees, sodat ons gehoorsaam kan wees wanneer dit kom by besluite om lewe en dood.

Is dit maklik? NEE! Is dit dit werd? JA! Elke dag is my gebed nou YAHUVEH skep in my n nuwe hart wat U behaag. Ek gee Hom my ou hart elke dag, en in ruil gee Hy my n nuwe hart elke dag. Slegs YAHUVEH weet wat ons elke dag nodig het. Dit is n hart van deernis, oordeel aan die dag l, dienswilligheid, genesing, terug gee, en die lys gaan aan en aan. Nrens s YAHUVEH en YAHUSHUA dat Hulle ons gebreekte harte heelmaak nie, die woord s Hy skep en gee ons n skoon nuwe hart! Ons praat nie van sonde nie, ons praat van die geskenke saam met elke nuwe hart! Die Bybel s die hart self is wanhopig goddeloos, en lei ons op n dwaalspoor.

Wanneer ek na my lewe kyk sien ek verbryselde glas wat fyngemaak is onder die skoenhak totdat dit fyn sand is. Ek het gebid, maak my gesond YAHUSHUA, ek is gebreek en ek kan nie opkom nie. Hy antwoord my :Nee, ek gaan nie daardie hart gesondmaak nie Elisabeth, vra MY en EK sal in jou n nuwe hart skep.

satan haat die bediening want die lof berigte bereik die Hemel. So baie word gered, genees, bevry, herstel! Ek is onder aanslae wat geen ander as my intreders bewus van is nie en hulle is nie gewone gebedsstryders nie, want hulle weet wat gebeur met my as ek nie n woord spreek, selfs n mens aan die ander kant van die wreld hoor my gehuil in sy drome! Wat n ontsaglike GOD YAHUVEH en YAHUSHUA dien ons! Selfs n suster van Kanada bel my vanaf haar werksplek, net om te hoor hoe het dit gister met my gegaan,1-16-02, n baie harde dag vir my, en weer het ek net gedink YAHUVEH EN YAHUSHUA weet en nie my geliefde suster wat al vir jare n magtige gebeds stryder is nie. Ek het gevra hoe weet sy? Sy weet nie, maar die HEILIGE GEES het haar gemaak my bel, en sy het slegs geweet dat sy ons Hemelse Vader gehoorsaam.

Ek het n broer in YAHUSHUA, aan die ander kant van die wreld, wat dieselfde ding gedoen het. Hy weet as ek seergemaak is, vertel ek vir niemand nie! My vlerke was die keer geknip, geen reise, slegs rus in YAHUSHUA onderwysing gee, soos wat ek gewoond is om te doen. In die lente wanneer ek geleer het wat ek moet leer, word n nuwe salwing prakties toegepas duidelik vir die GLORIE VAN YAHUSHUA EN YAHUVEH alleen! Jesaja 61 gaan nog meer duidelik in die bediening word sodat die gevangenis bevry kan word, beide broers en susters in YAHUSHUA!

Dankie vir die opwelling van die salwing in my sodat ek aan my seun in YAHUSHUA kan skryf, soos ek gelei word deur die Ruach Ha Kodesh om dit aan ander te stuur wat wonder hoekom daar nie nuwe woorde voortkom nie. Ek is in die suiwerings smeltoond en ons weet wat die eindresultaat gaan wees indien ek slaag met dit wat ek moet leer. Weereens is dit nie net ek, maar ook die wat my help in die bediening wat self ook in die suiwerings smeltoond is, ons strewe daarna om in volkome gehoorsaamheid saam met ons Kommandeur in Bevel te loop, want ons is maar net voetsoldate van die kruis van Kruisberg. Hoe baie sal hul kruise opneem en YAHUSHUA volg, selfs wanneer die vlees protesteer?

Laaste maar nie die minste nie, ek het jare geveg met die skrifgedeelte wat se: "vroue behoort hul hoofe te bedek wanneer hulle bid en profeteer, anders kan hulle net sowel hul hare afsny Ek het lang hare hoekom sal dit noodsaaklik wees? Ek het op die harde manier uitgevind toe YAHUVEH daarop aangedring het toe ek SY gebooie begin gehoorsaam het en hoewel ek geprotesteer het, het ek gehoorsaam en nou realiseer ek n groter salwing sowel as beskerming teen die bose.

Ek sit n serp rondom my kop soos wat die Bybel leer. YAHUVEH het aan my gewys dat selfs die wat die heidense gode dien, dit doen, hoeveel te meer moet ons wat strewe daarna om ons Hemelse Vader YAHUVEH en YAHUSHUA te gehoorsaam dit doen ? Een van die dinge wat YAHUVEH herhaaldelik tot my skande uitgewys het was n koppige gees. Ek het nodig om die juk af te gooi en HY het die gesalfde broer gebring om presies dit te doen SLEGS onder die salwing en in lyn met die woord van YAHUVEH! Hy sal die eerste wees om te bevestig dat hy dit nie sou gedoen het uit sy eie vlees nie, slegs onder die salwing. Ek moet noem dat ek vir jare nie meer geleer word deur enige man nie, niemand het probeer nie, behalwe hierdie een wat deur YAHUVEH gestuur is. Dit is omdat ek onderskei en weet dat ons Hemelse Vader voortgespreek het. Daarom het ek dit nederig toegelaat, alhoewel enige een wat my goed ken weet dat ek steeds met tye protesteer. Wanneer ek besluite neem, moet ek eers n bewys van die broer kry. Die eind resultaat is dat ek my spoedig komende Bruidegom YAHUSHUA gehoorsaam! Laat die van ons wat genoem word YAHUSHUA se Bruid gevind word sonder vlek of kreukel, is my gebed!

Doen wat jy ookal het om te doen, om dit te laat deurgaan.

Ek bid dit in YAHUSHUA se Naam, Amen. Selah

Liefde en seninge in die naam van YAHUSHUA,



Apostel Elisabeth Elijah Nikomia



ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND RUACH HA KODESH WILDFIRE LAST CHANCE MINISTRY

www.amightywind.com  |   www.almightywind.com
Besoek die ander een, indien 'n webwerf van lyn af is.

Ons onderhou die Sabbat Dag, Ons is nie Sewende Dag Adventiste nie
Kliek Hier Vir meer inligting (Slegs in engels beskikbaar)

Pos Adres en E-pos Adresse