Biologiese Oorlogvoering...DOOIE VOËLS!

Gegee aan Elisabeth Elijah Nikomia

My droom is hieronder. Ek het op 20/9/1998, 10:30 in die oggend wakker geword. Later sal ek vir julle die uitlegging gee...Indien iemand meer kan bied...E-pos my en stuur dit aan asseblief! Bid teen hierdie droom! Dat YAHUSHUA die mense sal spaar! Ek glo steeds die Woord wat vir my gegee is..." Wat AS EK op 'n Rosh Ha Shanah terugkom?" beteken volgende jaar! Maar wie is ek om te sÍ? Maar wanneer die woord AS gebruik word, dan vertel HY vir my om die slapende Bruid wakker te maak onder SY salwing, en dit beteken dat daar min tyd oor is! Nou, net na Rosh Ha Shanah, is ons SEKONDES VOOR DIE MIDDERNAG UUR! HY het gesÍ, neem veral kennis van die volgende Yom Kippur!

Ek was in 'n winkel gewees waar daar oral DOOIE VOËLS in hokke was...hoofsaaklik geel kanaries, is wat ek kan onthou. (Ek droom nie gewoonlik in kleur nie) Niemand het omgegee nie, of selfs ag geslaan op die dooie voŽls nie! Niemand het geluister nie! Ek wou nie naby die hokke gaan nie en dit ook nie aanraak nie. Klein eiers het regop gestaan.

Toe sien ek vir Clinton en hy was op die lughawe oppad na Irak. Ek het 'n speurder gesien wat ingekom het en boeie aan hom gesit het, en hom daarna na die polisiekar toe geneem het. Hy het sy kop afgesak en in die kar ingeklim. Toe sien ek vir Tony Blair, asook drie geestelike leiers wat vir Clinton omring. Diegene wie hy gesÍ het is sy adviseurs. Daar is een wat 'n predikant is, maar om dit lig te stel, hy staan ook vir homoseksualiteit. Die ander een is bekend vir sy egbreuk! En ek het ook 'n "guru" tipe van die TV gesien. Julle sal sy naam ken. Hy verkoop kursusse oor positiewe selfbeeld en om te kry net wat jy wil hÍ. Maar in elk geval, hulle almal was in die droom en hulle was stil en hulle het hulle geskaam vir Clinton, omdat dit wat hy gedoen het, oopgevlek was.

Nou vir die uitlegging van die droom. As jy dit nie alreeds het nie, het ek dit nou net uitgevind.

Die voŽls wat dood is in die winkel, dui op biologiese oorlogvoering! (Onthou, die myners het kanaries in die myne ingeneem om te sien of daar giftige gasse in die lug was. Dan sou die voŽls doodgaan! Niemand is eers daarvan bewus dat ons na 'n biologiese oorlogvoering beweeg nie!)

Clinton is op die lughawe, oppad na Irak, omdat hy die manier ken om nie vals beskuldig te word nie, en dit is om Amerika in 'n oorlog met Irak betrokke te maak! Maar hy word gestop! Dit is opbouend, behalwe dat ek weer in ander visioene die woorde Al Gore gehoor het...tesame met BLOEDIGE GORE! En ek sien 'n "CHESHIRE" KAT WAT GLIMLAG soos in Alice in Wonderland! Ek sien hom ook in 'n toordenaars hoed waar hy langs 'n BOOM staan! Hy is altyd in swart geklee, soos die pelgrims kleredrag. Hy is altyd besig om te TART! met daardie glimlag!

En op die 1ste November het ek 'n ander droom gehad waar ek bo-oor 'n dooie geel kanarie staan. Wanneer YAHUVEH een keer praat, dan luister ons, maar wanneer YAHUVEH twee keer praat, dan beter ons regtig luister! Bid teen biologiese oorlogvoering wat na Amerika toe kom. Veral 17 November 1998, wanneer die mees erge meteoriet reŽn dalk ons kommunikasie sateliete in Amerika gaan raakslaan.

Bid vir 'n wonderwerk dat dit nie gebeur nie, omdat ons baie kwesbaar vir 'n aanval sal wees op hierdie tyd.




ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND RUACH HA KODESH WILDFIRE LAST CHANCE MINISTRY

www.amightywind.com  |   www.almightywind.com
Besoek die ander een, indien 'n webwerf van lyn af is.

Ons onderhou die Sabbat Dag, Ons is nie Sewende Dag Adventiste nie
Kliek Hier Vir meer inligting (Slegs in engels beskikbaar)

Pos Adres en E-pos Adresse