PROFESIE 24 - Deel 2

PASOP VIR DIE SUURDEEG VAN DIE FARISEňRS!


Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
aan Pastoor Sherrie Elijah

15 November 1998 12:00 NM

* * * * * * *


Pasop vir die suurdeeg van die FariseŽrs, dit is in 'n menigte van die kerke. Die suurdeeg veroorsaak dat die FariseŽrs, wat EK slange en Adders noem, 'n gees van godsdienstigheid manifesteer. EK, die Here julle GOD haat die gees van 'n FariseŽr. Hulle praat Heilig wanneer dit gerieflik is en wanneer dit nie aanstootlik vir hulle is nie, maar hulle lewe nie wat hulle verkondig nie. Die suurdeeg veroorsaak dat die FariseŽrs opstaan en woord van waarheid uit die Bybel verkondig, maar 'n groot persentasie leuens uit die Hel en leerstellinge van duiwels byvoeg. Daar is twee verskillende FariseŽrgeeste, pasop vir albei van hulle, EK waarsku julle met geestelike ore nou om te hoor en te luister. EK wil nie hÍ MY Skape en Lammers moet op 'n dwaalspoor gelei word nie. Die FariseŽrgees probeer om MY Profete wat praat te vernietig. Hierdie Diensmaagd van MY wat hier praat, veg met hulle wat na haar toe kom as vyande met die gees van 'n FariseŽr. Sy was baie maal seergemaak deur die gees van 'n FariseŽr.

Dit is gesÍ omdat sy 'n vrou is kan sy nie 'n pastoor wees nie, as gevolg van haar voorkoms kan sy nie MY Pastoor wees nie, omdat sy die wolwe in skaapsklere ontbloot, hulle wie daarop uit is om MY Skape en Lammers te mislei en te verslind. Sy word daarvan beskuldig dat sy hulle oordeel. Maar sy oordeel hulle NIE, MY Woord oordeel hulle. MY RUACH ha KODESH spreek vervolgens woorde van veroordeling en hulle met die gees van die FariseŽr wil nie veroordeel of blootgestel word nie. Dit veroorsaak dat die suurdeeg van die FariseŽrs oprys en hierdie bediening, sowel as baie ander, probeer vernietig. Maar hierdie FariseŽrs spreek ydele woorde. Hulle woorde flous nie vir YAHUSHUA wie hulle harte en ware bedoelings ken nie. Sonder berou is daar geen genade vir die FariseŽrs nie.

So, wees vooraf gewaarsku op hierdie dag. Pasop, die FariseŽrs se suurdeeg sal die hele gemeente besoedel as dit gelos word om te rys. Selfs die ware uitverkorenes sal mislei word, indien moontlik. Pasop vir die demoniese geeste en die gees van godsdiens. EK is nie 'n godsdiens nie, EK is 'n liefdevolle verhouding. Die gees van die FariseŽrs sÍ dat slegs sekere denominasies gered sal word. Daar is geen etikette in die Hemel nie en slegs die verlostes van YAHUSHUA sal in die Hemel ingaan. Die gees van godsdiens kom uit die suurdeeg van die FariseŽrs. Hulle kwoteer MY Woord en ken MY nie eers nie. Die FariseŽrs probeer om MY Ware Profete te vernietig en te ontmoedig.

Moenie na hulle luister nie. MY Profete vir wie EK opgelei het, soos hierdie Diensmaagd wat hier spreek, verkondig MY Woorde en sien dat die wapen wat satan gebruik om skade te berokken, nie hulle is wie in satan se naam kom nie, maar hulle wie die grootste wonde toedien, kom in die NAAM van YAHUSHUA! EK het hulle nie na hierdie Diensmaagd wat hier praat, gestuur nie, want EK het vir haar gesÍ dat hierdie FariseŽrgeeste demoniese geeste is wat insleutel by hulle wat daardie leraar sonder rede haat. Pasop vir die kloninggeeste wat ook 'walk-in' geeste genoem word. EK waarsku julle nou MY Kinders, dit is satan is nuutste wapen wat ongesiens verbygaan. Daar is siele wie hulself oorgegee het aan satan en vir satan gevra het vir seŽn en beskerming. Maar daar is geen beskerming of seŽn te vinde nie. In stede daarvan het demone hulle persoonlikhede en siele oorgeneem. Ja, selfs in MY Kerke is baie van MY Pastore en leraars gekloon.

Hulle was eens Heilig voor MY. Hulle het eens die waarheid verkondig en verkondig nou die leerstelinge van duiwels. Pasop vir die suurdeeg van die FariseŽrs. Moenie toelaat dat dit julle besoedel nie. Hulle wie in die kerke is en dit sien, moet vlug. Pasop want satan stuur daardie engel van lig om MY kudde weg te lok van MY waarheid af. Hierdie Pastore wie eens MY waarheid verkondig het en op die RUACH ha KODESH staatgemaak het om hulle te bekragtig, het nou na manifestasies uit die Hel gedraai en mislei die uitverkorenes. Pasop, wanneer julle selfs agter die kansel die sonde sien, terwille van die Pastoor se siel, moenie stilbly nie. As julle hulle nie bestraf nie, wie anders sal? Maar praat eers nadat julle tot MY gebid het en gevra het hoe om die Pastoor te nader.

Bid vir die mense om in te tree sodat die gemeente nie mislei word deur die suurdeeg van die FariseŽrs of mislei word deur die kloninggees nie. Watter beter manier is daar vir satan om MY Uitverkorenes te mislei, anders as om iemand te beset wat eens op 'n tyd MY Evangelie verkondig het en menigtes na die Here julle GOD gelei het. Pasop, hierdie predikers spog met hulle Rolex horlosies van fyn goud. Ontwerpersklere aan hul lywe, en neem Heilige tiendes en offergawes en gebruik dit vir hul persoonlike salaris en spog daaroor. Die tiendes en offergawes behoort aan YAHUVEH. Julle moet julle aalmoese gee waar MY RUACH ha KODESH julle lei en nie altyd waar julle kerk bywoon nie. Plant waar EK vir julle sÍ om te plant. Hoor MY stem en open julle ore en julle sal verbaas wees dat EK nie vir julle sÍ om te betaal vir groter en beter geboue, vir herdekorering, luukse geskenke vir die pastoor nie.

EK sÍ NIE julle moet sy of haar wÍreldgesindheid aanmoedig nie. Julle sal verantwoordelik gehou word waar julle julle saad gesaai het terwyl julle dit het. Hierdie saad moenie gaan om 'n pastoor ryk te maak nie. Ja, hulle moet 'n inkomste hÍ, maar kinders, hoekom bevraagteken julle dit nie as julle sien julle pastoor ry luukse voertuie en bly in huise geskik vir 'n koning nie. Hoekom gee julle selfs nie eens om dat sommige pastore miljoeners is nie. Nogtans is hulle op die luggolwe en televisie en radio en hou konferensies en bedel vir meer. Hulle sal binnekort verantwoordelik gehou word omdat hulle dit wat bedoel is vir Heilige tiendes en offergawes, steel om hulle eie gulsige aptyte te voed.

Hierdie tiendes en liefdesoffers is om die Evangelie oor die hele wÍreld te preek en MY Profetiese boodskappe te verkondig, en Siele in MY liefdevolle arms te bring. EK, YAHUSHUA is BAIE kwaad want julle sit in hierdie kerke wat slegs een kant van Almagtige YAHUVEH verkondig, die kant wat liefde is maar weier om teen enigiets te praat wat ander dalk kan beledig. Hulle ween nie oor die verlore siele nie. Die suurdeeg van die FariseŽrs wil slegs rys en praat oor hoe om die kerk te herdekoreer en groter en beter geboue te bou. Om te betaal vir ander predikers om te kom en seminare te hou, of kunstenaars om te sing, alles terwyl MY Mense in die gemeente naak en honger rondloop, of haweloos is.

Dieselfde pastore sal nooit daaraan dink om hierdie mense in hul eie huise in te nooi nie. Sommige het sulke groot gemeentes dat hulle nie eens probeer om die gesigte of name te onthou nie. Dit is nie 'n pastoor nie. Hulle is veronderstel om daar te wees wanneer julle hulle nodig het, ongeag watter tyd van die dag of nag. Die suurdeeg van die FariseŽrs sÍ hulle kan nie gepla word om sommer vir enigeen te bid nie. Hulle vergeet dat 'n pastoor 'n dienskneg is. Hulle is veronderstel om saam met MY Mense te ween, saam met MY Mense te jubel; hulle is nie bo MY Mense verhewe nie. Hulle is veronderstel om mekaar se laste te dra, die gemeente aan te moedig om hulle te kontak wanneer gebed nodig is. Huisnommers moet vrylik gegee word.

Hierdie vermaning is nie vir al die pastore nie. EK het ook MY oorblyfsel wie lief is vir MY Kinders en daar is om die gemeente op elke gebied te bedien. Hierdie pastore het niks en ly gebrek. Hulle het die armer gemeentes. Maar hierdie pastore se belonings sal groot wees in die Hemel. Hierdie pastore is ryk in geloof en gawes van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). EK sal hulle binnekort openlik beloon. Maar hierdie boodskap is vir hulle wie in kerke sit waar die pastore sonde doen en enigiemand uitdaag om daaroor te praat. Vir hoeveel van julle wat hier lees, het EK die bose dwaling in julle kerke gewys, ja in julle eie pastore. Maar julle sit nogtans daar en sÍ niks intimiderends oor wie sy of hy is nie. Hulle is nie beter as julle nie. Julle hoor, 'wie is ek om die pastoor te korrigeer, dit is immers 'n kerk'. Maar wanneer EK vir julle die verkeerde uitwys moet julle vervolgens spreek

Julle weerhou 'n seŽn van daardie geestelike leier. Wat as hulle sal bely? Wat as hulle waarlik nie geweet het hulle het MY beledig nie? Maar julle is bekommerd omdat julle vriende en familie daardie kerk bywoon. Julle wil nie beroeringe veroorsaak nie. Julle mag dalk nie meer aanvaar word nie. Pasop, die suurdeeg van die FariseŽrs is alreeds besig om julle te besoedel. Julle saai julle saad in onvrugbare grond wat EK nie met MY RUACH ha KODESH seŽn nie. Julle sien geen tekens, wonders of wonderwerke wat hulle agtervolg wie glo nie. In plaas daarvan moet hierdie FariseŽrs 'n karnaval-atmosfeer skep om die gemeente te vermaak. Pasop vir die suurdeeg die FariseŽrs. Geen wonder julle sit en tel die sekondes af totdat die kerk verdaag nie. Kan julle nie sien MY RUACH ha KODESH beweeg nie daar nie?

Kan julle nie sien dat die ware gawe van profesie verag word nie? Kan julle nie sien dat as EK hierdie Diensmaagd Elija na hierdie kerke sou stuur, sy nie daar welkom sou wees nie? As sy hierdie profetiese boodskap moes verkondig sou sy die deur gewys word. Toets dit en maak 'n kopie en wys vir jou pastoor wat hier geskrywe is en ook die ander profesieŽ wat EK deur Sherrie Elijah gespreek het. Julle sal verbaas wees want julle sal sien of julle pastoor die gees van die FariseŽrs het. Meeste van julle wat hierdie lees en die stem van julle Hemelse Vader herken, sal geskok wees om te sien wat julle pastoor of geestelike leier met profesieŽ doen, soos hierdie een wat EK vir hierdie Profeet gegee het. Hulle mag dalk sÍ hulle het nie tyd nie of laat weet julle dalk net hulle is nie gežnteresseerd in ProfesieŽ nie.

Kan julle nie sien dat satan sy kloninggeeste stuur om 'n persoon te kloon wie eens op 'n tyd Heilig was nie. Maar hulle het weggedraai van MY af, as gevolg van gulsigheid, trots, sonde of gebrek aan geloof. Die kloningsgees verkondig nou MY Woorde, maar daar is geen RUACH ha KODESH in hom nie. Net 'n kloon uit die Hel uit, vermom as 'n engel van lig. Ek sal julle verantwoordelik hou as julle saad in bedienings saai wat MY Mense na vals leerstellinge toe lei. Hierdie kerke groei oorvloedig en verteer rykdom soos 'n vraat. Net omdat hulle die grootste bedienings is, beteken dit nie hulle is die beste is nie. Net omdat hulle op televisie is maak dit hulle nie beter as 'n klein gemeente nie. Hierdie leraars wie Mediasentrums bou om die wÍreld te bereik, en steeds bedel vir meer om vir hulle multimiljoen dollar kerke en ateljees te betaal, is oorvloedig in rykdom en wÍreldsgesindheid, maar nie in Heiligheid nie. Julle wie stilbly en hulle gehelp het om die mense op 'n dwaalspoor te lei, sal verantwoordelik gehou word. EK sal julle seŽninge wegneem as julle aanhou om julle ore doof te hou. Dit is julle laaste kans! Hou op om die bedienings en kerke met die suurdeeg van die FariseŽrs, te ondersteun. EK sal julle seŽninge wegneem as julle aanhou om hierdie leuens van die FariseŽrs te bevorder.

EK sal hulle seŽn wie MY gehoorsaam. Lees hierdie profesieŽ vir julle pastore en vra toestemming om dit te deel. So sal julle MY seŽninge met ander deel. As julle geÔntimideerd voel om dit te doen, vra julleself af, hoekom? Waarsku die gemeente en pastoor wat EK sÍ. MY Woorde is nie net vir 'n paar nie, maar vir die meerderheid om te hoor. Vertel vir hulle dat dit net so sal wees soos in die dae van Noag. 'n Vloed met MY beker vol vloeke sal hierdie aarde oorstroom en niemand sal ontvlug behalwe hulle wie EK reeds verseŽl het nie. Vuur uit die lug, vuur wat alles sal verteer waaraan dit raak. Een derde van die aarde sal vernietig word. Die AARDE SKUD BEANGS soos wat EK, die Seun van YAHUVEH naderkom. MY toorn sal die aarde verteer.

Hierdie aarde was aanbid en nie die Skepper van hierdie aarde nie. Daarom het hierdie aarde geboet en sal nog moet boet. Skepsels van die aarde was aanbid en daarom moet die skepsels boet. Die mens was aanbid nie die Skepper van die mensdom nie en daarom moet die mensdom boet. Bose geeste van Jesebel en Agab was in die kerke omhels, daarom kom die oordeel na die huis van YAHUVEH en op die aarde. Vlug weg van sulke plekke af. In stede daarvan luister na MY RUACH ha KODESH. Luister na die Geestelike leiers met die gees van Noag, Moses, Elia, Jeremia, EsegiŽl, DaniŽl en Johannes die Doper.

Leer deur hierdie Profete se vrugte, maar meeste van alles leer van julle MESSIAS, roep MY NAAM, YAHUSHUA aan en EK sal julle leer en lei in alle waarheid. Leer om na MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) te luister. Daar kom 'n tyd in Amerika wanneer openlike byeenkomste in geboue, groot vrees sal veroorsaak. Ander lande beleef dit alreeds. Maar EK was tot dusver genadig. Julle het tot dusver staatgemaak op daardie geboue om een of twee maal per week te vergader en MY te aanbid en MY dan vir die res van die week te vergeet. Nie almal van julle nie, maar baie van julle wie nou hier lees. Julle maak staat op daardie gebou of pastoor of gemeente, maar julle het NOOIT geleer om self na MY stem te luister nie. Wat sal julle doen as dit net EK en julle is?

Leer nou hoe om te luister en MY stem te gehoorsaam. Julle pastore is veronderstel om julle aan te moedig om dit te doen en julle in die gawes van MY RUACH ha KODESH aan te moedig. Gee aandag aan wat MY Ware Profete verkondig, werk saam met die Profete, leer uit hulle dapper voorbeeld. Satan soek om julle SALIGE HOOP te steel en vul julle harte met vrees en vertel MY Kinders en MY Bruid dat hulle deur die tyd van toorn moet gaan, en steel julle vreugde en steel julle SALIGE HOOP. Hierdie diensknegte van satan kom soos engele van die lig. Wanneer julle dink aan engele wat gestuur is om MY diensknegte te verwar, deur satan gestuur, dink aan hulle as buisligte. Dit is 'n namaaksel, afskuwelik en dodelik. Buisligte laat julle voel asof julle energie uit julle gesuig word. Het EK nie vir julle gesÍ dat julle moet bid dat julle waardig geag sal word om die uur van versoeking te ontvlug wat oor die aarde gaan kom nie? EK het MY Woord geskrywe om julle gerus te stel en julle vrese te versag.

MY Kinders julle is nie bestem vir MY toorn nie. In plaas daarvan het EK vir julle die SALIGE HOOP gegee. Nogtans laat julle die vals profete toe om julle te beroof van julle SALIGE HOOP. Sommige sal gered word al weier hulle nou hierdie SALIGE HOOP. Binnekort sal hulle treur soos die 5 maagde wat nie olie in hulle lampe gehad het nie, want hulle sal in die duisternis agtergelaat word sonder enige lig. Hulle sal toekyk terwyl vernietiging kom vir enigeen saam met wie hulle probeer reis wie nie MY Kinders is nie, of dit julle man of vrou, familie of vriende is. Leer 'n les by LOT. Almal wat weier om te glo dat EK, YAHUSHUA terugkom vir MY Bruid en dat EK nou oppad is, sal net soos die 5 maagde SONDER olie in hul lampe aangetref word en GEEN manier om olie vir hulle lampe te koop nie.

Die 5 wyse maagde glo nÚu dat EK enige dag of uur kan terugkom. Hulle kyk uit en verlang dat hulle Bruidegom gou moet kom. Hulle treur elke dag omdat EK hulle nie weggeraap het saam met MY nie. Die wyses hou olie in hulle lampe en is gevul met daaglikse vars nuwe salwing. Weet dit, MY SALIGE HOOP is eg, EK is die SALIGE HOOP! Weier om toe te laat dat die Ark se deure toegaan sonder dat julle in MY arms is. EK is die ARK se deur. EK sÍ vir julle die boek van die Heidene is besig om te sluit net soos Dimitru Dudeman vir Amerika geprofeteer het. Hy kyk nou vanuit die Hemel en weet hy het sy bes gedoen om Amerika te waarsku. Maar ag, hoe min van julle het geluister. Hy het julle gewaarsku teen die komende toorn oor Amerika. Amerika, het EK nie deur hierdie Diensmaagd wat nou praat, geprofeteer dat Amerika moet BELY voordat dit te laat is nie, want EK het MY ergste gespaar vir laaste. Maar EK sÍ vir MY Kinders wat in Amerika woon, MOENIE JULLE SALIGE HOOP PRYSGEE NIE!

Satan kom om julle geloof te steel, dat EK hulle sal beskerm wat MYNE is en 'n uitweg aan MY Bruid sal voorsien. Glo net dat die heidene se ellendes nie MY Kinders se ellendes is nie. Glo net dat EK 'n GOD is wat hulle beloon wie ywerig na MY soek. MY belonings is by MY. Net soos in die Dae van Noag, sal julle die vernietiging van bo van MY troon af, aanskou. Dit was te laat nadat die Ark se deur gesluit het en hoe hard die heidene ookal teen die deur geslaan het, kon hulle nie ingaan nie. Wanneer EK MY Bruid huistoe neem, sal almal wat agterbly, gedwing word om deur die Verdrukkingstyd te gaan. ”f hulle sal sterf Úf in staat wees om die Merk van die Dier te ontvlug, hang af van die mate van geloof waarmee hulle MY aanroep om hulle te red. Dit sal bepaal word slegs deur MY stem te hoor en MY te gehoorsaam.

EK sal hulle wie glo en wie glo dat EK nie 'n vroueslaner is nie, teen die vloed van MY torn beskerm. EK word beledig om te dink dat enigiemand dit kan dink, terwyl EK sÍ dat EK kom vir MY Bruid en wees gereed en wag vir MY. Wanneer EK in MY Woord sÍ "Bid sodat julle die uur van versoeking kan ontvlug wat oor die aarde gaan kom," wanneer EK sÍ "MY Bruid julle is NIE bestem vir MY toorn nie" hou baie van julle nogtans aan om MY te toets. So wat julle sÍ sal EK toelaat om te gebeur. Glo julle dat EK 'n uitweg sal voorsien? EK sal hulle wat doen en Heilig lewe asof EK enige oomblik gaan kom, nie verras nie; hulle wag NOU vir MY.

Hierdie Diensmaagd deur wie EK spreek, treur elke dag omdat EK nie kom nie! Dit is hoe jy sal weet of jy MY Bruid is! Treur jy ook elke dag omdat EK nie kom nie of lewe jy asof EK vir jare nie gaan terugkom nie?

Maak jy aanspraak daarop dat jy Ďn Ďgemanifesteerde Seun van Godí is wat die een sal wees wat Vrede na die aarde toe bring? Want as jy is, dan is jy verkeerd! Net EK, YAHUSHUA kan vrede na die WÍreld toe bring! Maar nie voordat hel op hierdie wÍreld losbreek nie! Wanneer dit lyk asof niemand sal oorleef nie, sal EK weer kom met MY Heiliges agter MY! En julle sal sien hoe maklik EK die vyand van YAHUSHUA oorwin! EK het voorheen Ďn openbare vertoon gemaak! EK sal dit weer doen!

Pasop, want EK vertel nou vir julle Ďn geheim deur MY Diensmaagd, EK kom in die middernagtelike ure om met MY Bruid weg te loop, wanneer hulle wie nie waak nie, MY die minste verwag! EK sal kom en bewys dat EK nie Ďn vroueslaner is nie! EK het MY Bruid lief en verlang dat SY in Haar Verheelikte Liggaam gekleed moet wees, rein en vlekloos, gekleed in helder wit!

Vir diegene wat nie uitkyk vir MY nie en glo julle moet deur die Verdrukking gaan, EK sal na julle toe kom soos Ďn dief in die nag! Onverwags, maar EK sal nie vir julle kom nie, want julle was nie waaksaam nie! Julle sal sien hoe MY Bruid haar beloning van Ďn Onsterflike Verheerlike Liggaam ontvang! Kyk, MY belonings is by MY!

Julle wie MY liefhet en weier om (hierin) dit te glo, julle Verheerlikte Liggaam sal moet wag en julle sal deurdie Verdrukking moet gaan want julle mond spreek wat julle glo. Diegene wie hulle BRUIDEGOM verwag sal weggeraap word saam met MY bo al die gruwel wat oor hierdie aarde gaan kom!

Vir die van julle wie hier lees en dit nie glo nie, leer Ďn les van die aarde want selfs die aarde bewe en skud terwyl julle YAHUSHUA MESSIAS die aarde weereens nader! EK kom om met MY Bruid weg te loop! Hoeveel van julle sal gereed wees?

Julle weet die tyd kom nader! Nogtans sal julle nie weet watter dag of uur nie! Lewe daarom asof dit vandag is, sodat EK nie vind julle lewe net soos hierdie sondige wereld nie!

EK sÍ weer, ĎDie Deur na die Ark en Boek van die Heidene is vinnig besig om te sluit!í EK is die Deur van die Ark! Kom in MY liefdevolle arms in! Vir diegene wie MY nie ken nie, EK wag vir julle, wag julle vir MY? Kyk op, julle verlossing kom nader vir hulle wat waaksaam is en vir YAHUSHUA MESSIAS wag! Waarsku ander en hou julle kleed vlekloos en wit, gewas in MY gestorte Bloed op Golgota! EK verlang om by MY Bruid te wees net soos sy daarna verlang om by MY te wees! As julle al hierdie dinge sien gebeur, weet dat EK oppad is!Ē

* * * * * * *

Gespreek onder die salwing van RUACH ha KODESH, en toevertrou met hierdie woord YAHUSHUA,se kind, Kryger, Bruid,

Pastoor Sherrie Elijah Sondag 11/1598 12:00nm

Gaan Terug na Deel 1 van Hierdie Profesie

www.amightywind.com
www.almightywind.com