Profesie 79

EK, YAHUVEH SĘ, 'MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!'

As julle nie nou aan MY gehoorsaam is nie en as julle ooreen kom met die dag wat EK eenkant gesit het as MY Heilige Sabbat Dag en as julle nie dink dit is belangrik om gehoorsaam te wees aan elkeen van MY tien gebooie nie, wat laat julle dink dat julle gehoorsaam sal wees tydens die vinnig komende Groot Verdrukking? Hoekom is dit meer gemaklik om na 'n mens se leerstellinge te luister, wanneer hulle MY woorde verdraai om by 'n mense se sondige beeld te pas.

Alhoewel MY Seun YAHUSHUA julle rus is, is HY nie julle Dag van Rus nie. MY Seun YAHUSHUA is nie 'n Dag nie, en MY 4de gebooie sę duidelik om MY Sabbat Dag van Rus, Heilig te hou. Watter gedeelte van die verstaan julle nie? Ja, rus in YAHUSHUA, omdat SY juk maklik is en SY las lig is, maar dit het niks te doen met die Sabbat Dag nie. Het YAHUSHUA nie die Sabbat gehou nie?

Het EK nie MY Seun YAHUSHUA gestuur om 'n voorbeeld vir julle te wees nie? Weet julle hoekom EK eintlik 'n dag eenkant gesit het om te rus? [Gen 2:1-3] Weet julle nie dat die Sabbat Dag 'n seën vir julle is nie en nie 'n vloek nie? MY 4de gebooie sę duidelik dat MY Sabbat Dag van Rus Heilig gehou moet word. Sę hierdie wet, wat EK met MY eie vuur vinger op 'n steen tablet geskryf het en vir Moses op berg Sinai gegee het, dan nie, "Eer MY Sabbat Dag en hou dit Heilig"? Weer vra EK julle, van wanneer af is MY Seun YAHUSHUA 'n dag? Vra jouself, hoekom sou satan die dag van Sabbat na 'n Sondag verander, as dit nie gebruik sou word vir sy doel in die Groot Verdrukking nie?

Moenie luister na die wat ander preek nie. Hier binne lę die oorwinning. Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, YAHUVEH, nie kan leuens vertel nie. As julle aan MY gehoorsaam is, sal daar seëninge en oorwinning wees, soos wat dit in Deutoronomium 28 vertel word. Daar is vervloekings vir die wat ongehoorsaam is. Lees en studeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees tussen MY, YAHUVEH, en MY mense, en dit sal gebruik word om die te identifiseer wat waarlik aanbid en MY gaan dien tydens die Groot Verdrukking. Sal julle MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, aanbid op die ware Sabbat, Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder? Of gaan julle tydens die Groot Verdrukking die Seun van Satan aanbid en dien op 'n Sondag?

As julle nie nou al MY Sabbat Dag Heilig hou nie, wat laat julle dink dat julle dit sal doen tydens die Groot Verdrukking wat net 'n asemhaling ver is. Dit is hoekom EK nou deur hierdie Diensmaagd van MY praat, wie beveel is om 'n profeet te wees aan die nasies, sodat hierdie waarskuwing regoor die węreld sal lui. Weet julle nie dat die, wat leer dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees en heilig vir MY te wees, verskonings maak vir hulle eie sondes nie?

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Dit is nie oop vir bespreking nie. Of julle doen wat EK, YAHUVEH sę, of julle siele sal betaal in die Groot Verdrukking. Die wat opgerys het en gesę het, "Ek sal Elisabeth se regter wees, ek sal Elisabeth se jurie wees"…berou nou of julle sal voor MY moet verskyn, en EK sal sę, "Gaan weg van MY, jou werker van onregverdigheid", EK is YAHUVEH, en EK neem nie deel in enige debatte nie. EK alleen IS die regter, EK alleen IS die jurie. EK alleen IS skeidsregter!

Dit is nie Elisabeth se woorde nie. Julle predikers en valse profete val haar aan, julle belaster haar vir die "Torah" wat EK met MY eie vinger geskryf het. Julle leer MY skape en MY lammers dat EK knik met sonde. BEROU vandag, omdat EK nie 'n YAHUVEH is wat verander het nie. Julle wie regter speel oor haar, haal eers die balk uit jou eie oog uit, voordat julle die spikkel uit iemand anders se oog uit haal. Julle is vuil in sonde, julle is vuil in rebelsheid, julle is vuil in ongehoorsaamheid en julle is vuil in trots! Val op julle gesigte voor MY, omdat EK, YAHUVEH, julle SKEPPER is, die EWIGE EEN. Julle waag om MY Seun YAHUSHUA te blameer as julle verskoning van sonde, julle waag om SY Bloed onder julle voete te trap en verskonings te maak vir julle sonde.

Val op julle gesigte voor MY, voordat dit te ver gaan en daar geen weg meer na MY is nie. Moenie treur vir MY RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) nie. MY Seun YAHUSHUA het nie gekom om MY wette te kanselleer nie, MY Seun YAHUSHUA het gekom om dit ter vervul. Wees dankbaar dat EK julle nie meer langer verantwoordelik hou vir 613 wette nie. EK hou julle verantwoordelik vir tien wette…en julle gooi julle hande op en sę, "Dit is te veel vir my!" Julle stel eerder belang om na 'n mens te luister wat MY wette herskryf.

Hulle vertel jou dat, deur onskuldige babas dood te maak in die baarmoeder, nie 'n sonde is nie. Hulle maak aborsie wettig. Die predikers leer julle in julle kerke, "Moenie teen die wet praat nie." Die georganiseerde kerke, wie op Sondae bymekaarkom, is omgekoop deur die regerings van die węreld, hulle het die gees en die vrees gevat en dra dit as kledingstukke. Waar is MY heilige priesters wat nie onderhandel het nie en nog steeds teen sonde praat? Julle mensgemaakte wette, maak dit wettig, wat EK gesę het, 'n verafskuwing is, hulle noem dit "same-sex-marriage". Nie eers in die dae van Sodom en Gomora, was daar sulke sonde gewees nie. Alhoewel die verafskuwing van homoseksualiteit volop was, het hulle dit nie gewaag om dit 'n huwelik te noem nie!

Moenie die leuen glo wat leer, "Eenkeer gered, altyd gered!" Moenie glo dat, omdat YAHUSHUA die prys betaal het by Golgota, dat dit nou nie meer saak maak nie en julle maar kan sonde doen. Dat julle kan oorleen, naby die afgrond van Hel, so ver as wat jy wil, omdat jy 'n reddings gebed opgesę het. Julle dink julle hoef nie enige werk agter dit te sit nie en dat julle verseker is dat julle deur die Hemel se deure sal gaan. Gaan weg van MY! Julle werkers van wetteloosheid! EK wil nie meer een van julle verskonings hoor nie! Of julle is heilig, of EK sę vir julle, "Werkers van onregverdigheid, EK het julle nooit geken nie!"

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Julle luister nou na hierdie manne en julle sit in die kerke, terwyl julle die leuens glo wat sę dat, Sondag die Sabbat is, of dat dit geen verskil maak watter dag die Sabbat is nie. Julle glo die leuens wat beide priesters en "Rabbis" leer, dat daar geen groter salwings krag is in die Hebreeuse heilig name van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) nie, en dat enige naam sal doen. Die predikers leer julle dat dit nie bealngrik is om die Joodsheid van die MESSIAS te leer nie. Hulle sę dat as jy nie 'n Jood is nie, dit nie van toepassing is op jou nie. Hierdie wettelose predikers leer jou dat jy 'n christen is en dat julle nie hoef gehoorsaam te wees aan die wette wat aan die Kinders van Israel gegee is nie. Het julle vergeet dat, wanneer julle MY Seun YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar het, julle een met HOM geword het? (Romeine 11:16-21)

Julle wonder, "Waar is die salwings krag van die eerste kerk met tekens, wonders en wonderwerke?" Julle roep uit, "Waar is die betoging van die wonderwerke, soos in die dae van ouds?" Gaan terug, doen wat die eerste kerk gedoen het, en julle sal weereens die wonderwerke sien! Vir die van julle wat nie van beter weet nie, EK sę julle word verantwoordelik gehou vir net dit wat julle geweet het. Nou word julle verantwoordelik gehou, sowel as om vir ander hierdie waarhede te leer. Maar vir die wat weet wat reg is, en verkeerd doen, julle sal betaal met julle siele.

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Julle is nou gehoorsaam aan hierdie bose geestelike leiers wat verskonings maak vir sonde. Wat laat julle dink dat julle nie dieselfde sal doen met die seun van satan, tydens die Groot Verdrukking nie? EK het julle vertel deur die profesieë wat EK vrygestel het, deur Elisabeth, dat MY Seun YAHUSHUA sal terugkom vir SY BRUID op 'n "Rosh ha Shanah", en dit sal op 'n Sabbat wees. As julle nie geleer word hoe om MY Sabbat en MY Heilige Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en gehoorsaam te wees aan MY "Torah" nie, hoe sal julle weet om MY en MY Seun YAHUSHUA te eer, soos EK besluit het? Hoe sal julle weet sonder om te studeer en julleself waardig te wys, watter dag EK, YAHUVEH, eenkant gesit het om MY Sabbat te wees, hoe sal julle gereed wees wanneer YAHUSHUA weer gaan kom?

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

As julle nie MY Heilige Feeste eer en waarneem nie, hoe sal julle weet wat "Rosh ha Shanah" is en wanneer dit is? Wanneer julle dan agtergelaat word, sal julle vra, "Hoekom?" So EK spreek nou voort, deur MY Diensmaagd, en sę vir julle voor die tyd, EK, YAHUVEH, profeseer deur hierdie Diensmaagd, wie deel is van MY Seun YAHUSHUA se Bruid.

Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul glorieryke liggame nie, en gevul word met so 'n salwing, asof YAHUSHUA homself, deur en saam met hulle loop, HY sal hulle ook vul met emosies, met 'n salwing, sodat niks onmoontlik sal wees vir hulle nie. En vir 40 dae sal MY Seun YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die dier neem nie". Hulle sal gaan na die gaste en na die wie se name geskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, en hulle sal vir hulle sę, "Moenie ongehoorsaam wees nie, moenie onderhandel nie, al beteken dit jou aardse lewe."

Julle sien, EK gebruik hierdie Diensmaagd nou, selfs sonder haar glorieryke liggaam, as 'n stem wat 'n waarkuwing vroeg voor die tyd uitroep. EK het haar geroep om 'n profeet te wees aan die nasies. MOENIE DIE MERK VAN DIE DIER NEEM NIE! Sondag aanbidding en die Merk van die Dier word saamgebind. Wees versigtig! Jy sal jou siel verloor as jy die Sondag aanbidding aanvaar tydens die Groot Verdrukking. EK sal moet jammer sę vir Sodom en Gomora, wat EK met vuur en swael vernietig het, indien EK toelaat dat hierdie aardse verafskuwings nog langer aanhou, soos dit nou doen. EK SAL NIE JAMMER SĘ VIR SODOM EN GOMORA NIE! EK sal alles vernietig en beeïndig wat EK, YAHUVEH as minderwaardig ag.

Hierdie valse predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle geluister. Julle kom na die ministerie vir geestelike voedsel, om die salwing te proe, om die geestelike melk te drink en om die geestelike vleis te eet. Hoeveel van julle kom nog steeds ooreen en gaan na die Sondag kerke! Julle val in getrouheid by julle pastore se voete en dit is daar waar julle tiendes en offerande gee. Julle kan nie julle brood albei kante gebotter hę nie. Julle moet bepaal watter dag is die dag wat EK besluit het is die Sabbat, dit is die Dag wat julle MY moet eer, rus en nader moet kom aan MY.

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

En so sal die seun van satan, die beveel wat ooreengekom het om hom te aanbid op die dag wat hy besluit het.

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

En MY Seun YAHUSHUA het gepraat en HY het gesę, "Neem hierdie wyn en hierdie brood in herinnering van MY". Weet julle nie dat tydens die Groot Verdrukking, die seun van satan, aan almal wie sy merk sal aanvaar, sal sę, "Doen dit in herinnering van my." Hulle sal die bloed drink van die martelare, vanuit drinkglase. Dit sal met bloed gevul wees, en soos vampiere sal hulle die bloed drink. Net so seker soos 'n nagmaal bord verby gestuur is, net so seker sal hulle die bord verby stuur en die seun van satan sal sę, "Doen dit ter herinnering aan MY."

Geroosterde vlees van martelare sal hulle eet. Hulle sal MY nagmaal en YAHUSHUA se Bruid tart. Hulle sal YAHUSHUA se Bruid waarlik minag, omdat hulle weet dat die gebede van die regverdiges die seun van satan sal terughou, totdat dit tyd sal wees om YAHUSHUA se Bruid uit te roep. Die gebede van die regverdiges help baie. EK, YAHUVEH waarsku julle dat dit al reeds begin het. Tydens die Groot Verdrukking sal daar seksuele orgies wees in die Sondag kerke. Dit sal die manier wees waarop die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid sal tart. YAHUSHUA en SY Bruid is een, en almal wie YAHUSHUA aanbid en gehoorsaam is, is een.

Omdat dit 'n geestelike konneksie is – liggaam, verstand, gees en siel. Die seun van satan sal tart tydens die Groot Verdrukking, hy sal seksuele orgies in die Sondag kerke hou. Die begin van die groot misleiding, is die homoseksuele kerke. Weer sę EK, die sonde het alreeds begin.

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Dit is die manier hoe EK hierdie ministerie gebruik, waar die skape van die bokke geskei word, waar die koring van die kaf geskei word. Die, wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is, voor die fondasie van die aarde, dit is die wie se name in die Lam se Boek van die Lewe sal bly, hulle sal nie die seun van satan aanbid nie en ook die merk van die dier, weier. Selfs as julle die, nou hoor of lees en julle aan hou om 'n kompromie aan te gaan, tydens die Groot Verdrukking, en julle die ware Sabbat, wat Vrydag Sononder to Saterdag Sononder is, waarneem en eer, kan dit julle lewe beteken of dat julle gemartel sal word. Al julle name is alreeds neergeskryf, omdat EK reeds geweet het wat julle sal doen, nog voordat julle op die aarde gebore was. As julle nie nou wil luister nie, sal julle dan luister.

Die wie hierdie boodskap lees en hoor en hulle tande kners van woede vir MY Diensmaagd, so ook sal julle tande kners van woede en julle vuiste skud vir MY, YAHUVEH, julle Skepper, tydens die Groot Verdrukking, soos plae en vervloekings een na die ander oor julle kom, sal julle nie berou hę vir julle sondes nie. Op daardie dag, as jou naam in die Lam se Boek van die Lewe is, sal EK dit uit klad. [Openbaring 3:5]

So, aan almal wat wonder hoekom Elisabeth dit oor haarself bring, dit is omdat EK hierdie ministerie gebruik om die koring van die onkruid te skei. Soos julle dit hoor, sal julle weet of julle die koring of die onkruid is. Is julle onkruid, slegs om deur MY woede verteer te word deur MY verterende vuur? EK gebruik haar om uit te roep na die Bruid, soos 'n stem sal uitroep na die vyf wyse maagde, moenie ooreenkom nie, wees gereed, omdat julle Bruidegom sal kom vir SY Bruid op 'n "Rosh ha Shanah" en 'n Sabbat.

Bruid van YAHUSHUA…wees op julle knee voor MY. Bly Heilig en bly nederig. Bid dat julle waardig sal bly om MY Seun YAHUSHUA se Bruid te wees, wie gesimboliseer word as die vyf wyse maagde. Wat die eerste wegneming sal wees, gewoonlik bekend as die Wegraping.

Gaste…bid dat julle sal deel wees van die tweede wegneming, sodat julle gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam. [Openbaring 19:9] Die gaste word gesimboliseer as die vyf dwase maagde, vir wie daar vertel word dat die Bruidegom weer sal kom nadat die Bruid van YAHUSHUA weggeneem is. So wees gereed, omdat julle nie die dag en ook nie die uur weet nie. [Mattheus 25:12] Teen die tyd wat MY Seun YAHUSHUA sal kom om die vyf dwase maagde weg te neem, sal hulle wys wees.

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Wil julle weet wat julle uitsonder om die Bruid van YAHUSHUA, en 'n Gas te wees? EK sal julle nou vertel, dit is hoeveel jy dit begeer, hoeveel jy dit bewys deur heiligheid, liefde en gehoorsaamheid. Hoeveel is jy bereid om op te offer om YAHUSHUA se Bruid te wees, deur dinge op SY manier te doen en nie joune nie. Deur HOM te verheerlik in alles wat jy doen. Die Bruid weet dat sy MY Heilige Dae moet hou. Die Bruid weet sy kan nie 'n kompromie aangaan met dit wat sy weet waar is nie, sy is dapper deur die waarheid voort te spreek. Dit is wat haar uitsonder. Gemeenskap is ook 'n herinnering van die huweliks verbond met YAHUSHUA. YAHUSHUA se Bruid gebruik ONS Heilige Gewyde Name van YAHUVEH en YAHUSHUA. Die spelling maak nie saak nie, omdat EK julle harte ken en hulle is nie skaam nie.

Hoeveel begeer julle om YAHUSHUA se Bruid te wees, hoeveel passie het julle vir YAHUSHUA? Hoe bewys jy dat EK, YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in jou liefde en lewe en alles is, wat jy doen? Dit is, wat julle uitsonder om YAHUSHUA se Bruid te wees. EK vertel julle die geheim: die passie en die diepte van jou liefde vir YAHUSHUA is 'n bewys vir almal om te sien. Dit is die merk van YAHUSHUA se Bruid. Hulle voel hulle kan nie genoeg vir MY doen nie. Nou ken julle die geheime. Julle sien, my geliefdes, dit is nie iets wat julle kan wegsteek nie. EK weet wie waarlik, waarlik begeer om die prys te betaal om YAHUSHUA se Bruid te wees. EK sal niemand YAHUSHUA se Bruid noem as hulle nie hierdie begeerte het nie. Elke dag bid YAHUSHUA se Bruid, "Maak my meer heilig vir U". YAHUSHUA se Bruid is nederig en Heilig voor MY.

EK YAHUVEH SĘ, "MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!"

Bly getrou aan MY. Moenie net hoorders wees van MY Woord nie, maar wees doeners van MY Heilige Woord. Wees heilig net soos EK Heilig is, al is julle van die węreld, moet julle nie optree soos hierdie węreld nie. Moenie dat die predikers van wetteloosheid, MY skape en lammers op die verkeerde pad lei nie, omdat elkeen sy eie redding met vrees en bewing sal moet uitwerk. Geloof sonder werke, is dood. MY Seun YAHUSHUA het SY deel gedoen by Golgota. Nou sę EK, YAHUVEH, vir julle, "Doen julle deel". Streef om gehoorsaam te wees.

Moenie sonde vooraf beplan nie, moenie verskonings maak vir sonde nie, moenie die woorde van die predikers aanvaar, wie wetteloosheid preek nie. EK, YAHUVEH, sę vir julle, "Hoekom noem julle MY Seun YAHUSHUA, Here, maar julle is nie gehoorsaam aan HOM nie?" EK, YAHUVEH sę as julle nie berou het vir die maniere waarop julle ongehoorsaam is nie, "GAAN WEG VAN MY, WERKER VAN ONREGVERDIGHEID", op oordeelsdag. EK sal dit nie toelaat dat julle YAHUSHUA se Heilige Bloed tart nie.

Julle wie julleself predikante noem, wie verskonings maak vir MY mense om sonde te doen. Berou vandag, omdat julle MY skape en lammers op die verkeerde pad gelei het. Of die vuur van MY verterende asem, sal soos kaf in 'n MAGTIGE WIND, julle weg waai. EK, YAHUVEH sę as julle nie hou van hierdie woorde wat voortgespreek is deur MY Diensmaagd, Elisabeth nie, dan sal julle die gevolge daarvan dra. EK weier om te debatteer. Daar is een regter, daar is een jurie, en EK, YAHUVEH IS die enigste skeidsregter.

As julle nie van hierdie profetiese boodskap hou nie. Moenie dit na Elisabeth toe neem nie, maar bring dit na MY, YAHUVEH. Sy is net MY gesalfde Boodskapper.

So is dit voortgespreek, so is dit geskryf op Augustus,2, 2005 in die oggend, gegee en gespreek deur die Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA, vir HULLE roem, eer en glorie. EK sal 'n nederige Diensmaagd bly,

Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

Op 1 Augustus 2005 het Elisabeth aangehou hoor, "EK, YAHUVEH, VERTEL JOU ELISABETH, OM DIE MENSE TE VERTEL, MENSE JULLE MIS DIE PUNT!" Op Augustus,2, 2005, terwyl Elisabeth besig was om met haar Webwerf Bestuurder te praat, het 'n almagtige salwing oor haar gekom, en sy het begin bid in Heilige Tale. Sy was op die telefoon en die Webwerf Bestuurder het geen bandopnemer by hom gehad nie. Daar was dus geen manier om die Heilige Tale op te neem nie. Hy het toe begin om die Heilige Woorde wat voortgekom het, met die hand af te skryf.

www.amightywind.com
www.almightywind.com