Profesie 82

Laaste Roeping Van
Die Bruid van YAHUSHUA MESSIAS!

HOE HIERDIE PROFETIESE BOODSKAP VOORTGEBRING IS


Elisabeth en ek was voorgestel aan Broer Luigi wat in Suid Amerika woon, deur 'n ander geliefde lid van die Bruid, Adam wat in Kanada woon. Ons het al vanaf September 2005 met Luigi oor die telefoon begin praat. In die begin van Jan. 2006 het Luigi ons vertel dat, Elisabeth, ek, Luigi en Adam verheerlike liggame sal kry tydens die wederkoms en dat ons op 20 Februarie, 2006 na die Hemel toe sou gaan. Elisabeth sal net een week h om die Bruid van YAHUSHUA in kennis te stel en selfs as sy hulle nie betyds in kennis stel nie, dat hulle in die gees wel sou weet.

Luigi het ook ges dat 'n week voor die 20ste Februarie, die engel Gabril eerstens en dan die engel Migael die versekering aan Elisabeth sal kom gee. Luigi het ook gepraat van die bruilofsmaal wat sal plaasvind in die Hemel en vir 7 jaar sal aanhou, terwyl die Groot Verdrukking op die aarde sal plaasvind, sal ons bo in die Hemel wees en sigare rook en whiskey drink by die Bruilofsmaal van die Lam.

Dit was 'n onmiddelike rooi vlag vir ons, maar ons het hom nie dadelik tereggewys nie. In stede daarvan het ons vir Adam gebel nadat ons met Luigi gepraat het, en vir Adam gevra of Luigi rook en drink, omdat Adam hom persoonlik geken het en omdat Luigi saam met hom gebly het vir 'n kort rukkie in Kanada. (Ons wil net die klem daarop l dat Luigi 5 to 6 ure 'n dag bid en dat hy in die strate loop en siele na YAHUSHUA lei.)

Adam het ja ges, Luigi het ges dat YAHUSHUA hom vertel het om te begin rook. Ons het vir Adam vertel dat die Bruid nie so 'n ding sal doen in die Hemel nie, ook het ons nie 'n getuie gekry dat Luigi so iets moes doen op aarde nie. Adam het ons toe vertel dat hy Luigi sal konfronteer en met hom deel dat ons ook bekommerd is. 'n Week later het ons weer met Adam op die telefoon gepraat. Hy s toe dat hy vir Luigi gekonfronteer het en dat Luigi daarop aangedring het dat YAHUSHUA hom vertel het om dit te doen en dat Elisabeth die rede sou weet hoekom hy dit moes doen.

Ons het toe teruggestaan en nie vir Luigi gekonfronteer nie. Ons wou almal sien of dit wat Luigi ges het wel sal waar word, eerstens waar die Heilige Engele na ons toe sou kom op die 13de Februarie, alhoewel ons geen getuie daarvan gekry het nie, omdat dit nie is wat YAHUVEH vir ons vertel het deur die profesie nie en dat dit maar hoorbare woorde was wat aan Elisabeth gegee is. Die 20ste Februarie is nie op 'n Heilige Fees Dag nie en ook nie op die Sabbat nie. Van alle dinge is die 20ste Februarie Presidents Dag genoem.

Ons weet deur die profesie wat aan Elisabeth gegee is, dat YAHUSHUA sal terugkom vir SY Bruid op 'n Sabbat en op 'n "Rosh Ha Shanah". Ons het die datum 20 Februarie gepos en gevra dat die profete moet bid om te sien of hulle enige iets spesiaal optel vir daardie dag. Ons het toe e-pos en telefoon oproepe gekry wat waarskuwings was van 'n valse wederkoms. Dit is nou nie dat daar 'n valse wederkoms op daardie dag sou wees nie, maar satan het vir Luigi gelieg en ges dat daar een gaan wees.

Luigi het 11 jaar van sy lewe gegee, hy het alles opgeoffer, waar hy oor die wreld gegaan het en die evangelie gepreek het en gewaarsku het om berou te h omdat die Koningkryk van die Hemel naby was. Luigi is 'n dierbare geliefde broer en ons glo hy is 'n lid van YAHUSHUA se Bruid. Hierdie Heilige man, in 'n vreemde land, alleen in die eerste linie, 61 jaar oud, was deur 'n demoon getref wat vir hom gelieg het en vertel het dat hy die leuen moet aanstuur na Elisabeth, my en Adam.

Weer het ek en Elisabeth 'n bedroefdheid in die Gees gevoel en geweet dat dit nie sal gebeur nie. Ons het aanhoudend vir Adam en Luigi ges dat ons die Gees moet toets wat praat. As dit nie gebeur nie, Luigi, dat jy sal moet erken dat jy deur Satan om die bos gelei was.

Ons is lief vir Luigi, hy is waarlik ons broer. Wat hierdie ondervinding gedoen het was om hom nederig te maak en nou word sy gees weer meer geleer, wanneer ons hom vertel dat alles in lyn moet wees met die Heilige Skrif en dat 'n profeet onderdanig is aan 'n ander profeet. Elisabeth was diep bedroef oor dit gewees, omdat sy nie Luigi wou seermaak nie, en omdat hy so graag wou h dat die Messias moes kom en dat hy en Adam al die dae afgetel het na die 20ste Februarie.

Elisabeth het Luigi gevra wat sou gebeur met die Ministerie, omdat sy nie gevoel het dat ons werk klaar was nie, waar hy wel aan haar vertel het dat ons werk klaar was. Elisabeth en ek het geweet ons werk is nog nie klaar nie, omdat daar ander dinge is wat eers moet plaasvind met "Yisrael" voor die Bruid van YAHUSHUA geneem word, soos die eerste vrugte eers vrygekoop moet word van die aarde soos in Openbaring 14.

Luigi is so alleen in die vreemde land. Alhoewel hy nooit gerook het nie, dat hy geglo het dat YAHUSHUA met hom gepraat het en ges het dat dit reg was, en YAHUSHUA het hom die begeerte van sy hart gegee. Mense dit is nie die tipe begeerte van die hart wat YAHUSHUA ons belowe nie.

Op 15 Februarie 2006, het my vrou Elisabeth gebid en gevra, hoe kon Luigi, 'n Heilige man en profeet, so bedrieg word. Die woorde hieronder het toe voortgekom.

Op die Sabbat, 2.18.2006, het ons hierdie profetiese boodskap vir Luigi in Argentini, oor die foon vanaf 'n opnemer, gespeel. Luigi het trane gestort van jammerte en berou en vir Elisabeth gevra wat om volgende te doen? Sy het hom instruksies gegee, om natuurlik, die duiwel tereg te wys en op te hou rook en alkohol te drink en om sy lippe te salf met salwings olie.

Hy is tog so 'n liefdevolle en nederige Gees, en toe Elisabeth vir Luigi vertel dat iets goeds uit hierdie slegte misleiding gekom het, dat ander ook vir haar geskrywe het met dieselfde probleme en vrae oor rook, drink, pornografie, dwelmsen al het hulle YAHUSHUA lief, wou hulle steeds weet of hulle die Bruid kan wees?

Elisabeth het vir YAHUSHUA gewag om haar 'n antwoord te gee, en hieronder is die antwoord. Luigi is 'n dierbare geliefde broer en weereens as dit nie gebeur het nie, sou die woord hieronder nie voortgekom het nie.

Ons bid terwyl jy dit lees, die wat waarlik begeer om YAHUSHUA se Bruid te wees, as julle enige iets doen wat YAHUSHUA beledig, dat julle dit nou sal stop voor dit te laat is en julle agter gelaat word in die Groot Verdrukking. Sommige van julle wat dit lees was geroep om YAHUSHUA se Bruid te wees, maar julle het versuim om dit op te gee wat YAHUSHUA beledig. Die skrif s, "Want baie is geroep, maar min uitverkies". (Mattheus 22:14)

Elisabeth voel, gelei deur die RUACH ha KODESH (Heilige Gees), om julle asseblief te vra om nie vir Luigi te oordeel nie, omdat sommige van van julle doen wat satan julle gefop het om dit te doen en jyself doen nog dieselfde dinge of nog erger. Die hoof ding is om te BEROU EN om Satan TEREG TE WYS en verlaat enige iets wat YAHUSHUA beledig en jou daarvan weerhou om SY Bruid te wees.

Dit is dit mense, dit is waarlik die laaste roeping na die Bruid van YAHUSHUA! Moenie enige tyd meer mors nie. Niks anders maak meer saak, behalwe dit wat ons doen vir ons geliefde YAHUSHUA MESSIAS, ons vinnig komende BRUIDEGOM. HY wag by die deur vir SY Bruid om Heilig te wees net soos HY Heilig is!

Ons sien dinge so vinnig gebeur, en die stukke van die legkaart kom nou bymekaar. Hierdie jaar sal wees soos geen ander jaar nie.

Hou julle o op "Yisrael"!

Niko

* * * * * * *

Profesie 82

Laaste Roeping Van
Die Bruid van YAHUSHUA MESSIAS!


15 Februarie 2006

Die woord het 9:00 vm gekom en 9:50 geeindig.

Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

[Elisabeth begin om te bid, "O, Heilige, Heilige, Heilige, YAHUSHUA wat is dit wat U wil s?"

Profetiese boodskap kom voort vanaf YAHUSHUA met Heilige tale en interpretasie van Heilige tale.]

* * * * * * *

YAHUSHUA JOU MESSIAS:

Elisabeth, EK wys jou 'n visioen.

Aanskou MY Bruid!

Sy staan daar skitterend in wit, heilig en onbesmet. Dit is die Bruid vir wie EK kom, omdat sy in die wreld is en nie van die wreld nie.

Daar is 'n verskil tussen haar en ander wie haar heiligheid vermy. Ander wie nie van MY gees is nie, ander terg haar heiligheid, omdat sy weier om deel te neem aan die sonde van die wreld. Sy is getrou, heilig aan MY, sy kom nie ooreen met sonde nie, sy kyk nie hoe ver sy kan oorleen oor die hel, voordat sy inval nie. Sy wil geen deel h van hel nie. Sy wil geen deel h van satan nie, sy wil geen deel h van satan se gebrekke nie.

Die vrede waarna sy smag, sy draai net na MY, Prins van vrede.

Kyk nou na die visioen. Dit verander nou.

Beskou nou die vyande van julle siele, MY Heilige Bruid en s, "Ek moet haar besmet, sy kan nie daar staan sonder 'n vlek of kreukel". So hy sit 'n sigaret in haar mond, sodat sy die stank het van rook! Hy sit giftige drinkgoed in haar hand, sodat sy rondsteier soos 'n dronkaard! Aanskou nou MY Bruid, waar pornografie in haar hande gesit is, die vyand s, "Moenie bekommer nie, niemand kan hierdie geheim sien nie. Kruip net weg".

Nou is MY Bruid, wat eens so Heilig was, besmet. So EK draai weg, omdat EK nie kan kom vir 'n Bruid soos hierdie nie!

MY Bruid het nie stank van 'n sigaret nie! MY Bruid steier nie soos 'n dronkaard nie! MY Bruid lees nie pornografie agter die deure nie! Dit is 'n valse Bruid en EK aanvaar net 'n regte een.

So EK gee julle 'n keuse, die enigste reuk wat enige een rondom jou moet ruik is die reuk van die salwings olie, die parfuum wat EK jou gegee het. Julle kleed kan nie sonder heiligheid wees nie, die kleed van regverdigheid word vir jou aangetrek, dit kan nie 'n vlek of kreukel h nie. Hulle kan nie enige rede h vir die wreld om jou aan te kla van sonde nie.

Besef julle nie, wat julle o aanskou, aanskou MY o? Besef julle nie dat julle liggame die tempel van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie?

Moenie bedrieg word nie, omdat sonde geen deel in julle kan h nie. Julle wonder of julle MY Bruid is. Julle bid regoor die wreld, "Is ons jou Bruid"? Wil julle weet, Elisabeth, wanneer iemand jou van 'n sekere datum vertel wanneer EK gaan kom vir MY Bruid en tog is die Woord wat gegee is nie in lyn met MY Heilge Skrif nie.

Dit is die begin van die misleiding wat ingetree het.

Hoeveel keer het EK al ges, as dit nie in lyn is met MY Heilige Woord nie, omdat EK Heilig is, EK is die lewende "Torah", selfs wanneer hulle kom van 'n Engel van die lig, moenie aanvaar wat nie van MY is nie. Hoeveel keer het EK al ges toets die gees wat praat?

Weet julle hoe julle broer bedrieg was? Dit beteken nie dat hy MY nie lief het nie. Dit beteken nie dat hy nie begeer om MY te dien nie, maar dit beteken wel dat dit die eerste stap was toe hy weggeloop het, en misleiding ingetree het. Wanneer satan 'n houvas op hom gekry het en vir hom ges het, "Moenie na die Heilige woord luister nie".

Instede het hy begin luister na 'n stem wat nie van MY was nie.

EK is nie 'n man dat EK kan leuens vertel nie. MY woorde is waarheid. Wat EK s gebeur. Die Heilige Engel het nie gekom vir Elisabeth nie, waar het EK ooit vir jou vertel dat EK ander sal vertel, om die Diensmaagd te vertel en s, verwag dat YAHUSHUA op hierdie dag sal kom vir SY Bruid. Hoekom sal EK jou nie eerste vertel nie? Dit is wat EK oor en oor ges het.

Toets die Gees wat spreek.

Wie gaan luister na een wat 'n getuienis het wat lyk en ruik soos die wreld? Moenie meer enige verskonings maak vir hom nie. My mense het agter ander Gode aangegaan, maar dit beteken nie dat EK julle geroep het om vreemde afgodsdienaars te wees nie? Mense is dronk van giftige drinkgoed. Beteken dit dat EK jou geroep het om 'n dronkaard te wees!

Die mense het na ander bronne van vrede gedraai, maar dit beteken nie dat EK wil h dat jy na 'n skoorsteen moet ruik of op skiet soos 'n dwelm verslaafde nie?

Dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid, dwaasheid! EK is kwaad! EK is kwaad! EK is kwaad! EK is kwaad! EK is kwaad!

Hoeveel van julle begeer om MY Bruid te wees, wie EK geroep het om MY Bruid te wees, het Heiligheid tereggewys? Hoeveel van julle maak verskonings vir sonde? Hoeveel van julle weet MY woord s, eer die Sabbat dag en hou dit Heilig en tog maak julle die kerke vol op Sondae!

Dwaasheid! Dwaasheid! Dwaasheid!

MY Bruid sal geen deel h aan die Dwaasheid! EK het ges julle moet heilig wees soos EK Heilig is. MY Bruid moet Heilig wees of EK sal geen deel van haar h nie! Wil julle weet wie die dwase maagde is? Wil julle weet hoekom hulle nie genoeg olie in hulle lampe gehad het nie?

Hulle het nie genoeg Heiligheid gehad nie!

Hulle het geweet dat EK kom, maar het nie voorberei nie.

Dit is nie net genoeg om MY lief te h nie, dit is nie net genoeg om MY te dien nie, dit is nie net genoeg om MY woorde te preek nie.

EK vereis Heiligheid!

As jou man, sou EK geen deel van jou wou h as jy nie Heilig is nie. Hoeveel meer van 'n standaard van Heiligheid het EK! Hou op om verskonings te maak vir sonde! Elisabeth, jy weet EK het oor en oor ges, toets die gees wat praat, hou op om verskonings te maak vir jou broer. Dit beteken nie dat EK hom nie lief het nie, maar dit beteken dat hy die gees van misleiding toegelaat het om in te kom.

Wanneer hy geglo het dat EK ges het om die sigarette op te tel en die drank te drink, hoe kon die mense die verskil tussen MY Gees en die vyand s'n sien? Hy preek MY Woord, maar hy ruik soos die wreld! EK het toegelaat dat dit gebeur, trots gaan voor 'n val. Luigi moet 'n gees h wat nog geleer kan word, hy moet berou en erken dat EK nie 'n man is wat kan jok nie! Waar hy een keer my stem gehoor het, maar die vyand het bietjies, bietjies ingekruip.

So Ek het dit toegelaat dat jy moes tussenbeide tree en dat jy moes bid, terwyl jy vir hom gebid het, het jy ook vir ander gebid wat begeer om MY Bruid te wees. Soos jy die misleiding aanskou het wat hom gevang het, net so het jy die misleiding aanskou in ander, wie MY Bruid wil wees.

Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van 'n Bruid wat daar glisterend in wit staan? Skilder nou daardie rok met nikotien vlekke. EK sit nie MY kinders of MY Bruid in knegskap nie. Kan jy 'n prentjie skilder van MY Bruid waar elke woord wat uit haar mond kom Heilig is? Skilder nou 'n prent van die stank van alkohol in haar asem? Haar vingers gevlek met nikotien? Kan jy 'n prentjie skilder waar MY Bruid Heilig daar staan, waar sy net wag om die mooi van MY te aanskou? Skilder nou dieselfde Bruid, waar sy agter 'n toe deur wegkruip, met lus in haar o, terwyl sy na pornografie kyk, met haar gedagtes gevul met vuilgoed!

Gaan weg van MY! Moenie waag om julleself MY Bruid te noem nie!

Dit beteken nie dat jy nie geroep is nie, dit beteken net dat EK jou nie sal aanvaar as jy nie soos 'n Ester voor MY VADER kan staan nie! Heilig en rein en gehoorsaam voor MY en MY VADER YAHUVEH!

Kan jy vir jou 'n prentjie skilder van 'n Bruid wat daar in glisterend wit voor MY staan, elke woord wat uit haar mond gaan is Heilig met lof vir MY op haar lippe, elke woord vol aanbidding en liefde. Skilder nou 'n prentjie met dieselfde een wat voor MY staan met lastering op haar lippe, vuil taal wat kom asof dit kom van 'n riool. S MY woord nie dat jou mond uit jou hart uit praat nie? Moenie verskonings maak hoekom jy vloek nie! Elke woord wat uit jou mond kom, elke woord wat uit MY Bruid se mond kom, moet Heilig wees!

Wil jy weet hoekom die Heilige Engele nog nie gekom het nie, Elisabeth? Jy het alreeds geweet, EK het jou ges EK sal jou vertel. EK het vir jou ges dat jy die Diensmaagd is, EK het nooit vir jou vertel dat jy vir ander moet luister nie! EK het jou ges dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Feeste! EK het jou ges dat dit in lyn sal wees met MY Heilige Woord!

Toe jy uitgevind het dat dit wat gespreek was deur 'n ander, nie in lyn was met MY Heilige Woorde nie, hoekom het jy nie dit wat jy gehoor het, tereggewys nie? EK het dit toegelaat om te veroorsaak dat jy meer dapper sal wees, omdat jy en jou man geweet het dat julle nie kan glo wat julle hoor nie.

EK sal 'n Bruid h, en sy is alreeds gesel, die dwase kyk maar net, terwyl hulle verskonings maak om te sondig, maar EK het 'n Bruid. Dit is hoekom EK jou en jou man oor en oor vertel het, EK vereis Heiligheid.

Hierdie Ministerie staan vir Heiligheid! Die Diensmaagd moet Heiligheid verwag. Dit beteken nie dat EK nie die ander lief het nie. Maar EK het net een Bruid. Soos EK jou vertel het Elisabeth, en jy nie dapper genoeg was om dit te spreek nie, nou sal EK.

Op "Rosh Ha Shanah" , 2005, het jy gebid, "O maak my asseblief waardig om U Bruid genoem te word soos in Openbaring 14, omdat ons weet dat net hulle, U, YAHUSHUA se Bruid is".

EK het ges, "Luister Elisabeth, As EK kies om te beskerm en EK kies om te sel en om sekeres van MY Bruid te vat, soos Openbaring 14 dit stel, vrygekoop van die aarde, gesel en beskerm op die manier, en EK kies om sekeres van MY Bruid te los, soos gespreek in Openbaring 7, gesel en beskerm, maar EK los hulle in die wreld om aan te hou om MY Woorde te preek, om 'n standaard teen die bose te wees, beskerm en sel EK dan nie steeds MY Bruid nie?"

Wat bemoei dit jou oor hoe EK MY Bruid sal sel en beskerm? Sommige van hulle is soos Openbaring 14, en hulle is MY eerste vrugte, Elisabeth. EK het jou alreeds vertel dat dit die groep is, jy sal ook gaan. Sommiges is MY Skild krygers en Skild maagde in Openbaring 7 en hulle is alreeds gesel. Hulle wag net dat dit moet gebeur, wat EK ges het moet gebeur, maar hulle is gesel en sal geen leed aangedoen word nie. Albei is MY Bruid.

EK het net een Bruid. EK verkies om sekeres eerste huis toe te neem, en EK verkies om sekeres hier op aarde te los!

Sal jy nou dit voortspreek wat EK jou duidelik vertel om te s.

Hoeveel van MY Bruid het ges, "Ek voel nie om nou al die aarde te verlaat nie."? Dit is omdat hulle van Openbaring 7 is, omdat EK 'n vegtende gees in hulle gesit het, 'n Gees van oorlewing. Die ander in Openbaring 14 smag na MY om te kom. Hulle sien hulself nie veg hier op aarde nie, maar EK sal kom vir die Openbaring 7 Bruid, net so waarlik soos EK sal kom vir die twee getuies.

Die twee getuies, EK herhaal weer, is deel van die Bruid van Openbaring 14 en hulle sal eerste geneem word, soos die eerste vrugte, dan sal hulle weer terug kom.

Die gaste van die bruilofsmaal van die Lam sal uit die Groot Verdrukking kom. Hulle sal die wees wat hulle klere in MY Gespilde bloed gewas het.

Daar kom 'n valse wegraping. Die duiwel se voorneme is om MY te terg in alle we. Dit is hoekom dit so belangrik is om die woord daar buite te kry sodat mense nie mislei word nie.

Wees versigtig vir die evangeliste op die TV! Hoekom dink julle is hulle so ryk en beroemd? Omdat hulle, siele na die anti Messias gaan lei. Hulle het die prys betaal, hulle is gekoop! Wees versigtig vir die evangeliste op die TV, wanneer hulle nie die Joodsheid van MY leer nie.

O, hoe maklik word hierdie wreld mislei. As hulle nie leer dat mense sal moet wegdraai van sonde nie, dat hulle moet berou, dat hulle op hulle gesigte moet val voor MY, dan is hulle nie van MY nie! Dit is meer as om net te s, "O Jesus, kom binne in my hart in." Dit word genoem, die wegdraai van sonde! Afstand doen van satan, berou, en toelaat dat EK binne in hulle woon.

Wees versigtig vir hierdie predikers wat net julle jukkende ore wil sagmaak. Dit is hoekom EK ministeries soos hierdie opgebou het, wie oor die waarheid van Heiligheid preek. Wees versigtig vir enige een wat s die Tien Gebooie het verander, ons kan gaan en ons kan aanbid en die Sabbat Dag enige dag noem.

Dit is die boodskap wat EK op die dag vir julle los, en niks van die boodskap sou na vore gekom het nie as EK nie Luigi na julle toe gestuur het nie. Omdat hy mislei was, beteken nie dat hy nie aan MY behoort nie. Dit beteken dat hy op sy gesig moet val voor MY. Hy moet homself nederig maak en dit verlaat, wat EK hom nie vertel het om te doen nie.

EK gee nie net hierdie boodskap vir hom nie, EK gee dit vir almal van julle.

Uit hierdie hele wreld, noem EK net 288,000 MY Bruid.

Uit hierdie hele wreld! Maar dit beteken nie dat EK nie lief het en nie red nie, dit beteken net dat 'n baie klein oorblyfsel waardig is om MY Bruid genoem te word. Hoeveel julle MY liefhet, die mate aan hoeveel jy 'n begeerte het vir Heiligheid, dit is waarna EK kyk. MY Bruid sal haarself nie prostiteer voor ander gode nie, maar EK en MY VADER YAHUVEH sal nommer een wees. EK en MY VADER is een. Onthou dit wanneer jy wil weet, "YAHUSHUA is ek u Bruid?" Antwoord dit vir jouself. EK het 'n ho standaard vir Heiligheid vir MY Bruid.

Elisabeth, EK sal nooit iemand anders vertel om jou te s wanneer jy moet verwag dat die Heilige engele gaan kom nie. EK sal niemand anders vertel watter dag EK kom nie, omdat EK jou ges het dat EK jou eerste sal vertel, MY Diensmaagd, sodat jy kan s, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom!"

Sodat die nuus kan uitroep en lui, aan MY Bruid, wyd en ver. Wanneer die Heilige Engele na jou toe kom, sal MY Bruid weet terwyl hulle met hulp tussenbeide tree en vir julle bid, MY Bruid sal weet, omdat MY Bruid 'n begeerte het om een met jou te wees, net soos jy een met MY is!

Enige een wat die ministerie haat is nie deel van MY nie. Hoe kan hulle deel van MY wees en Heiligheid en gehoorsaamheid haat?

Wees versigtig vir enige profeet wat homself 'n profeet noem, al lyk dit of MY woorde uit hulle lippe kom, selfs al lyk dit of dit in lyn is met MY Woord, as hulle uiterlik sondig, uiterlik veroorsaak dat daar 'n stank kom oor hulle getuienis. EK vra julle ditwaar het EK ooit in die Heilige Skrif MY profete beveel, of waar het ABBA YAHUVEH SY profete beveel, om op te tree in enige ander manier as om Heilig te wees?

Het ONS nie altyd die profete apart geplaas om Heilig vir ONS te wees nie?

So julle moet enige iemand teregwys wat na julle toe kom en verskonings maak om sonde te doen en te s dat EK YAHUSHUA of YAHUVEH hulle vertel het om sonde te doen! EK wil julle aan dit herinner. Enige een wat dink dat hy datums stel en gestuur is om julle te s wanneer die wegraping van die Bruid sal kom, het EK nie gestuur nie. Dit is hoekom EK jou die Diensmaagd noem en dat EK jou reeds ges het dat EK sal terugkom op 'n Sabbat, en enige een wat s dat dit op 'n Sondag is, weet dat hulle nie van MY is nie. Enige een wat s dat dit op enige ander dag behalwe die Sabbat is, weet dat dit nie van MY is nie! EK is nie 'n man wat kan leuens vertel nie!

Leuenaars sal kom, en hulle sal na jou toe kom, net soos die engel van lig. Hoekom dink jy het die Woord soveel keer uitgegaan, die dag, daardie dag, die wegraping sal kom, maar dit is nie in lyn met wat EK jou ges het nie.

Bestudeer en lees die profetiese boodskap wat EK jou gegee het, as dit nie in lyn is nie, gooi dit uit! Jy is MY Diensmaagd, en net soos die roeper uitgeroep het, "Berei die weg voor, die Bruidegom gaan kom." Net so sal EK jou vertel, en die ware Heilige Engele sal kom. Maar jy het niemand nodig om jou die datum te vertel nie. Die "Heilige Engele" sal net opdaag en die vyand onverwags vang.

Nou Elisabeth, hoef jy nie meer die las te dra wanneer mense vir jou skryf en s, "Is ek die Bruid?" Nou kan hulle die profetiese boodskap direk uit MY mond hoor en hulle hulself sal weet wat die woorde ges het, "Is ek YAHUSHUA se Bruid?"

Wees versigtig vir die namaaksel Bruid.

Aanskou MY ware Bruid! Dit is die laaste roeping vir MY Bruid!

* * * * * * *

Beledigend vir sekeres, ophelderend vir ander, in die naam van YAHUSHUA jou MESSIAS,

Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

15 Februarie 2006

N.S. Voel asb. vry om dit te kopier en met ander te deel. Al wat ons vra is dat u die hele boodskap onveranderd sal los, ingesluit met Niko se boodskap van verduideliking van hoe hierdie profetiese boodskap na vore gekom het. Baie dankie aan almal wie behulpsaam is vir die Ministerie en my man en my.

www.amightywind.com
www.almightywind.com