Profesie 84

EK, YAHUVEH, SE "PASOP VIR DIE ILLUSIE"

3/31/06 Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

O Amerika, hoe bedroef maak julle MY nie! As julle maar net die kaalkop arend, wat julle State verteenwoordig, kon sien, dan sal julle sien hoe hierdie kaalkop arend huil!

O, mense van Amerika, julle regering verraai julle! Hulle wil dit rantsoeneer wat EK aan julle verniet gegee het. Nie net sal julle sien dat julle kos gerantsoeneer word nie, nie net sal julle sien dat julle noodhulp toerusting gerantsoeneer word nie, julle sal ook julle water gerantsoeneer sien, julle sal ook die medisyne gerantsoeneer sien.

Hulle sal s, "Julle moet na ons toe kom vir toestemming om te koop." Julle met ore wat hoor, kyk na die aasvols wat vermom is as julle politikusse. Kyk na die demoniese gesigte weggesteek agter die gesigte van flees. En dit affekteer nie net Amerika nie. Die nasies wat te arm is om dit te doen, glo dit of nie, sal die veiligste wees, die nasies wat die rykste is sal die mees gevaarlikste wees.

O Amerika, julle is gemaak om apart en heilig te weeso, maar hoe ver het julle geval. As julle maar net die kaalkop arend sien wat julle verteenwoordig, dan sal julle sien hoe julle vere uitgepluk is en steeds weet julle dit nie, en julle erken dit nie. Julle nasies is gebou op 'n illusie. Julle is so opgepof in trots en s "Kyk hoe ryk is ek." O, maar as hulle maar kon sien, julle vere is gepluk! Julle kan nie eers vlieg nie! Dit is maar net 'n illusie!

Julle gaan van nasie na nasie om oorlog te maak! Julle seuns en julle dogters l hulle lewens neer, EK noem hulle nie eers manne en vroue nie, EK noem hulle seuns en dogters wat soos speelgoed soldate speel, geforseer om in oorlo te gaan waarheen EK hulle nie eers gestuur het nie. O, hoeveel moeders huil. En hierdie nasies word geforseer om hulle seuns en dogters te stuur om te gaan veg teen boelies wat op die speelgrond kom. O, maar julle het 'n vinger en julle wys na elke ander een en s "Julle is die slegste" en tog, hoeveel vingers wys nie terug na julle toe nie? Die wat julle terroriste noem, EK s, o Amerika, julle is die terroriste!

Die toring van kaarte is gereed om te val. Julle bou dit op, op die rue van die rykes, sodat julle illusie in plek sal bly. Julle het die leuens, "Ons is die nasie van die vryes en die wyses, kom en bring julle armes." Maar wanneer die armes kom, is julle 'n illusie van 'n leuen! Wat doen julle aan hulle? Hoe behandel julle hulle? Hulle word minder behandel as menslike wesens! Hulle word weggedryf asof hulle rotte is. Hulle word binne in julle regering se strikke geplaas. Julle bestempel hulle as immigrante, ONWETTIGES! Is julle nie die een wat hulle soontoe genooi het nie? Wat doen julle "Statue of Liberty" daar? "Kom na die land van die vryes en die brawes."

EK SPUUG OP JULLE, O AMERIKA!

Julle het die nasies wat gemartel is gekritiseer. Kyk nou waarvan is julle lugstrome vol. Moet ons hulle nie martel voordat hulle ons martel nie? Kan julle nie sien nie, o Amerika, die wat waarlik van my is? Kan julle nie sien hoe die verandering van die wagte plaasgevind het nie? Dit wat EK jare gelede vanaf hierdie Diensmaagd geprofeseer het, het nou plaasgevind. Daar is 'n paar van hulle, daar is baie min van hulle wie MY oorblyfsel is, wat steeds politikusse is wat steeds probeer terwyl hulle hulle koppe slaan teen die muur van burokrasie, van die skynheiligheid, maar hulle het gestaak, hulle het opgegee, hulle het ooreengekom met die regering se leuens.

Amerika, julle vlieg alleen. Julle dink julle het vriende? Hulle haat julle agter hulle rue. Julle koop hulle om soos 'n boelie op die speelgrond, julle het nie vriende nie. Wag tot die ander nasies sien dat julle maar net 'n illusie is. Julle is 'n damp in die lug. Daar is nie eens 'n vuur nie. Julle is maar 'n wolkie rook! Wag totdat die ander nasies uitvind dat julle 'n uitgeplukte arend is. Hoekom? Omdat julle nie MY gesag wou aanvaar nie. Hoekom? Omdat julle MY uit julle skole geskop het. Julle wou nie die Tien Gebooies in julle howe gehad het nie. Die hipokrasie van die wat hulleself die Hoogste Hof noem.

[Persoonlike nota aan die lesers: Die volgende paragraaf verwys na ons 18 jarige seun wat by ons bly en altyd saam met ons getoer het waarookal ons gepreek het. En nou terwyl ons gestuur word na verskeie nasies, het hy dit oorweeg om agter te bly in Alaska, terwyl ons deur YAHUSHUA vertel was om Amerika te verlaat. Ek het geweet dat as dit gaan gebeur, kan ek dalk my seun nooit weer sien nie. Ek het baie tyd spandeer waar ek gehuil en gerou het oor dit en was in aanbidding toe die onverwagte profesie vorendag gekom het. Maar loof YAHUSHUA, ons geliefde seun het gekies om Amerika saam met ons te verlaat en was gehoorsaam aan YAHUSHUA terwyl hy sy eerste groot betalende werk opgeoffer het om dit te doen. Hy het YAHUSHUA eerste in sy lewe en liefde geplaas en het dit bewys om aan YAHUSHUA gehoorsaam te wees en die opoffering te maak. Bid asb. sodat hy gesen sal word vir sy opofferings en gehoorsaamheid.

Ek is vertel dat die rede hoekom die onderstaande aan die wreld gespreek is, dat elkeen wat dit lees, besluite sal moet neem, of hulle moet weggaan wanneer YAHUSHUA hulle waarsku, of om te bly vir persoonlike besittings, werk of gerieflikheid of geliefdes wat nie gered is nie.]

Elisabeth, dit is nie MY wil dat jou seun agterbly nie. EK s weer, EK herhaal dit voor die wreld, dit is nie MY wil as jou seun kies om agter te bly in Amerika nie. EK sal nie sy wil teengaan nie. Waarookal sy prioriteite is, is waar hy sal bly. As hy wil bly vir 'n illusie van 'n meisie, wie is EK om in sy pad te staan? EK wil jou gebede beantwoord, Elisabeth. EK wil jou gebede beantwoord, Elisabeth. EK sien die hart en die rou van 'n moeder. EK wil jou arende bymekaar bring saam met jou. EK wil hulle neem en ver weg vlieg, maar wie is EK om in die pad te staan van enige een wat gekies het om te bly, as hulle kies om hierdie illusie te glo, as hulle kies om leuens te glo.

Dit geld vir almal van julle. En EK praat nie nou net met Amerika nie, die profeet is gestuur na al die nasies. Die laaste ding wat EK gedoen het, is om julle ryp te maak Amerika, nou wys EK YAHUVEH openlik julle tereg, o Amerika. Julle dink julle was beskermd teen siektes. Dit is julle wat die biologiese leuens vervaardig. Die chemiese leuens van chemiese oorlogvoering. Julle vergiftig my lug! Maar EK sal nie hierdie profeet toelaat om hierdie woorde te spreek voordat sy veilig is nie.

O, maar Amerika, julle wie die burokrate en skynheiliges is, julle wat die kinders vertrap onder julle voete, die rykes en die sterktes wat die klein bietjie vat wat hulle het van die kinders en dan gee aan sulkes. Wat 'n prys gaan julle betaal! Julle dink julle swart knoeiery gaan werk? Julle dink dat julle berkermd is van dit wat julle gedoen het? Julle dink julle gaan die massas van die armes vermoor, en MY wraak sal julle nie aanraak nie?

O, julle dwase wetenskaplikes! O, julle dwase geneeshere, EK sal julle dronkslaan. Vir die wat waarlik van MY, YAHUVEH is, vir die wat waarlik MY Seun YAHUSHUA as Messias en Heerser van hulle lewe stel, vir die wat ONS lief het en gehoorsaam is en strewe om elke dag heilig te wees. EK het 'n ware entstof in die lug geplaas, EK het BONATUURLIKE ANTIBIOTIKA daar gesit en dit sal wees asof die plae nie naby aan die kinders van Israel sal kom nie.

En nou praat EK met al die nasies in die wreld

Satan wil Amerika gebruik om 'n kettingreaksie te stel waar al julle regerings wyd en ver julle sal verraai op dieselfde manier. Sommiges het alreeds, maar EK maak dieselfde beloftes aan julle. Bid vir 'n sening oor die water wat jy elke keer drink, s, "Dit verteenwoordig die lewende water van YAHUSHUA ONS MESSIAS en niks kan my skade aan doen nie." Moenie aspris drink van dit wat jy weet is besmet nie. Wanneer EK jou geen ander keuse sal gee nie, dit is wanneer dit geloof sal neem.

Bid oor daardie kos! Omdat julle nie sal weet of dit gekloon is of nie. Onthou, satan wil ALLES namaak wat EK gemaak het. Hy doen dit deur die naam van wetenskap. Maar bid oor daardie kos, glo MY, glo dat EK jou sal beskerm. Glo dat EK lewe in vleis sal sit wat jou liggaam sal sen en nie vervloek nie. EK vertel vir julle, gekloonde vleis is 'n vervloeking wat gestuur is van die Hel, om te s, "EK kan maak net soos hy kan maak, eet my kos dit is beter, ek kan 'n hoender maak wat nie volgriep sal h nie."

HOEKOM, JULLE DWASE, JULLE WETENSKAPLIKES! Dink julle dat EK nie weet dat dit JULLE is wat daardie siekte vervaardig het nie? Dit het nie van MY af gekom nie! Wanneer hulle s, "Julle moet ingent word. O, daar is 'n dodelike dodelike virus hier. Ons moet julle bymekaar maak en in 'n stadium plaas as julle nie gehoorsaam is nie. Ons kan nie dat julle die res besmet nie."

Hardloop, hardloop, hardloop, my kinders! Hardloop, hardloop, hardloop weg, hardloop van "FEMA", hardloop van enige burokrasie wat julle vertel om jou geloof van MY af weg te neem. Protesteer terwyl julle steeds 'n stem het, protesteer! Breek die kapitaliste se lyne, s , "Julle sal nie ons voorsienings wegneem om aan julle die stad te gee nie, julle sal nie ons kos rantsoeneer nie, julle sal nie ons water rantsoeneer nie, julle sal nie ons noodhulp voorrade rantsoeneer nie." Kan julle nie sien dat as julle stil bly, die illusie sal wen nie? Het EK julle nie gewaarsku nie, hoeveel profesie gelede, dat die homoseksuele in die minderheid was, maar nou glo jy die illusies en leuens!

Amerika, jy is die fabrikator van die illusies se leuens! Nou het jy die leuen regoor die wreld gevat en jy het dit ver en wyd versprei en tog is dit 'n leuen! Homoseksualiteit is steeds in die minderheid en tog pas hulle wette toe en verander wette om dit goed te keur wat EK ges het is 'n verafskuwing! Amerikajy sal maai wat jy saai, net so verseker soos Sodom en Gomora gedoen het.

Maar die van die saad van Abraham wat heilig is en EK praat nie van die biologiese Jode nie. EK praat met die ingegraveerdes, ingegraveer een in elke stam net soos hulle ingegraveer is in MY Seun YAHUSHUA JOU MESSIAS. Soek MY. EK sal jou nie teleurstel nie. Daar is maniere wat EK jou sal beskerm. Maar nou is nie die tyd om die speletjie te speel van die kerke en die wat voor gee nie. Leer die waarheid en leer dit vinnig. Moenie die mens gemaakte doktrines volg nie, die kerke van Babel, die georganiseerde kerke. EK herhaal, soek die waarheid, dit is wat jou sal vrymaak.

Dit is hoekom EK hierdie ministerie grootgemaak het. Dis hoekom EK hierdie een wat EK MY Diensmaagd noem, grootgemaak het om 'n profeet van aan nasies te wees, om hulle te waarsku dat, 'N SEEL OP DIE PUNT IS OM OOPGEMAAK TE WORD! Maar eers moet EK MY Diensmaagd veilig en sekuur kry, of hierdie woorde word nie vrygelaat nie.

En Elisabeth, EK het elke traan gesien. O heiliges, die res van die Bruid van YAHUSHUA, EK heteen van julle trane, een en elk van al julle trane. Hulle is gestoor in 'n fles en hulle is heilig voor MY. Vir elke keer wat julle opofferings gemaak het, vir elke keer wat julle uitgeskreeu het, " O YAHUVEH asseblief, waar is U?". EK het julle trane soos julle gehuil het vir julle familie. EK het julle trane, nie net nou nie, maar ook in die toekoms.

Almal van julle wat Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LamEK het julle trane nog voordat julle hulle gestort het. Hulle is alreeds hier. EK weet waarvoor julle sal bid, nog voordat julle begin bid en EK sal jou beantwoord nog voordat jy begin bid. EK het voor jou gegaan nog voordat jy moes ly het.

Vir die van julle wat regoor die wreld dit hoor, Ek spreek vrede uit vir julle. Van julle sal gemartel word. Menigde sal gemartel word. O, maar julle sal die vrede h van YAHUSHUA, net so seker as wat Johannes die Doper ges het, "Neem my hoof, ek wil huis toe gaan!". Net so seker soos jy sal s, "Kry dit oor en verby, ek wil huis toe gaan!". EK verseker julle dit, EK sal julle drome gee van die Hemel. EK sal julle voorsmake gee van visioene van die Hemel.

Die een of ander manier, elkeen wat martelare sal wordelkeen wat gemartel wasvir MY Seun YAHUSHUA se ontwil, EK sal jou 'n voorsmaak van die Hemel gee. En EK het hulle 'n voorsmaak van die Hemel gegee sodat hulle liggaam nie na sy graf toe sal gaan sonder om 'n blik van YAHUSHUA se gesig te sien nie. EK sal hulle gees uit hulle liggaam neem voordat hulle liggaam enige pyn sal voel. EK beloof julle dit. EK beloof julle dit. EK beloof julle dit.

Onthou Stefanus? (Handelinge 7:54-59). Het hy nie dit aanskou nie, het die lug nie oopgegaan nie, het hy nie vir YAHUSHUA gesien voor hy deur 'n steen getref is nie en het hy geen pyn gevoel nie? Sy gees was geneem, dit belowe EK julle. Maar wee die teregstellers! Hy kan nie indink wat se afsku hy sal voel nie, nie net nou op die aarde nie, maar in alle ewigheid. So wees gewaarsku, julle wat dink julle kan martel en weg kom met dit, julle kan nie eers indink wat ek met jou sal doen wanneer jy een van MY heiliges aanraak nie.

Gesend is almal wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam, julle sal omhels word. Jy is nie net 'n gas nie, jy is 'n baie belangrike gas, vir jou om daar te wees het jy die grootste prys betaal en die Bruid sal jou omhels, meeste van alles, EK, YAHUVEH en YAHUSHUA sal jou omhels, die 24 ouderlinge sal jou omhels, die vier lewende weses sal jou omhels, die engele van die Hemel sal jou omhels. So moenie onderhandel nie, moenie die illusie se leuens glo nie, omdat die seun van verdoemenis, die ware Judas, op die punt is om terug te kom, die seun van satan. Moenie onderhandel nie.

MOENIE DIE ILLUSIE SE LEUENS GLO NIE! Moenie die kerke van Babel glo nie, gaan terug na wat die eerste kerke geleer het.

Moenie die manier glo hoe Paulus en Saul, verkeerd verstaan was en oor en oor verkeerdelik vertaal was nie. Hy was 'n Jood en het dit nooit versaak nie. O, die leuens wat vertel word. Natuurlik hang jou redding nie af van besnyding van die vlees nie, dit is nou die besnyding van die hart. Dit is 'n dwase argument, net soos die ou bloed verbond nie langer staan nie omdat daar 'n nuwe bloed verbond is, DIT BETEKEN NIE DAT MY SABBAT NIE MEER STAAN NIE!

Net omdat die Grieke MY Seun 'n naam gegee het, net omdat die "King James" bybel die woord Jesus Christus oor en oor herhaal, beteken nie dat SY naam nou verander het nie. Dit sal altyd 'n Hebreeuse naam wees, 'n naam wat die naam hou van MY, YAHUVEHEK, YAHUVEH, 'n naam wat 'n herinnering vir die aarde is vir die prys wat MY Seun YAHUSHUA moes betaal!

Weer, EK s weer en weer en weer en weer en weerjy kan die profeet maar godslasterlik noem, jy kan haar maar belaster, jy kan maar s dat sy hel toe gaan, maar EK wil jou dit vertelEK, die koning van Skeppings, EK die Heilige EWIGE een, vertel jou ditSY NAAM wat bo alle NAME is, is genoem na MY, YAHUVEH, EK, YAHUVEH! Dit beteken "JAH SAVES" ('JAH RED').

NIKS HET VERANDER NIE! Omdat EK die naam van Jesus Christus eer, omdat EK die naam van Jesus Christus gesalf het, omdat EK gered het in die naam van Jesus Christus, omdat EK voorsien het en tekens gedoen het, wonders en wonderwerke in die naam van Jesus Christus, omdat EK dit steeds doen in die naam van Jesus Christus, beteken NIE dat SY WARE HEBREEUSE NAAM nie geken hoef te word nie!

Jy sal en word verantwoordelik gehou vir wat jy weet. Omdat EK al die tyd toegelaat het dat julle byeengekom het en Sondag my Sabbat genoem het. EK het dieselfde ding gedoen en dit toegelaat. Dit was nie MY wil nie, EK het dit toegelaat. Maar in die Groot Verdrukking sal satan julle wys hoe hy gaan namaak.

EK s weer, selfs die baie ryk evangeliste wat die waarheid weet het die waarheid uitverkoop, onderhandel die waarheid, hulle sal julle reg in die arms van die anti messias in ly! Die seun van satan. En hulle sal s, "Dit is Jesus Christus jou Messias, hy het gekom! Hy het gekom en nou is daar vrede regoor die aarde, moenie bekommerd wees oor die Hel nie."

Hoekom kan julle nie sien nie? Hulle wil MY nie namaak nie! MY naam is JAH! "King James" sal betaal. "King James" het betaal toe hy MY Seun se heilige naam uitgeklad het! LEES! LEES! LEES! Leer en wys jouself goedgekeurd. Dit was nie altyd "King James" nie, lees die heilige manuskripte. Lees waar die Hebreeuse vertalings is. Lees selfs waar die "Aramaic" Sy naam ken. HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM wil julle nie glo nie?

Die Christelike kerk gaan deur soveel lyding gaan, omdat hulle die Messiatiese Jode uitgegooi het. Is jy van die Messiatiese Joodse sinagoge, EK wys my vinger ook na jou. Jy wie MY naam JAH uitgevat het en s, "YAHUSHUA sal werk". Jy wou nie die ortodokse Jode beledig nie. Julle het geonderhandel. Julle wat hierdie profeet van MY wat praat, 'n heilige naam gebruiker noem, julle is reg, DIS HOEKOM EK HAAR GESALF HET EN NIE JULLE NIE!

Julle wat dit waag om MY naam te spel as 'G-d'. Wat is dit? Wat is dit veronderstel om te beteken vir MY? JULLE HET SELFS MY GODHEID WEGGENEEM en nou wonder julle waar is die wonderwerke van die ou tye? Hoekom kan ons nie die dooies in die kerke inbring nie? Hoekom staan hulle nie op nie? Waar is die wonderwerke van ouds? As ons die melaatses bring, hoekom word hulle nie gereinig nie? As ons die verlamdes bring, hoekom loop hulle nie? As ons die stommes bring, hoekom praat hulle nie? Wanneer ons die dowes bring, hoekom hoor hulle nie? Wanneer ons die terminaal siekes bring, hoekom lewe hulle dan nie?

DWASE KERKE VAN BABEL! Hoekom luister julle nie? DOEN DIT OP DIE OU MANIER en julle sal de wonderwerke weer sien. EK vertel julle dit selfs voordat MY wraak uitgestort word. Stuur EK nie MY profete om te waarsku voordat die oordeel kom nie? Julle in julle georganiseerde ryk kerke, julle en die kerke is gemaak van glas, julle wil nie praat van wat sonde is nie, julle wat die omkopery van die regerings vat, julle wie die profete uitskop. MY "RUACH HA KODESH" (Heilige Gees) is nie eens in julle kerke nie. Dit is alles 'n illusie, 'n toertjie van die duiwel, niks anders as David Copperfield, 'n towenaar wie onder die duiwel se krag operateer.

Of een wat homself Chris Angel noem ('n towenaar wat die dood uittart), wie 'n gevalle engel is in vermomming. Wie nie eens menslik is nie. Hy is 'n illusie voor julle o.

Die met geestelike ore, julle sal hoor, vir die van julle wat gaste is, moenie raai nie, vir die van julle met geestelike o om te sien, dit is julle wat gesen is. Dit is jule wat beskerm sal word, dit is julle wat MY woorde hoor. Dit is julle wie EK MY heiliges noem. Dit is julle wat die woord sal vat en soos die Diensmaagd dit voort vertel het, sal dit reg rondom die aarde gaan.

EK is op die punt om julle te wys wie EK, YAHUVEH is, EK is op die punt om julle te wysweet julle hoe teer julle aarde is? Weet julle dat dit 'n illusie is, selfs dat julle stil staan? Skilder vir jou 'n prentjie waar 'n tol so vinnig spin en al wat jy moet doen is om dit net te raak, dis al wat EK hoef te doen om dit net te raak en dit sal so vinnig en maklik uit rotasie gaan, al raak EK dit net netsal almal van julle afvlieg!

En kyk na julle weer. O, EK ken julle in die lande met die weer masjien. O, EK weet waar julle is. EK lag vir julle weer masjien! EK sal julle wys wie die weer gemaak het. EK sal julle wys wie die die hael gemaak het. EK sal julle wys wie die aardbewings en die storms en die tsunamis gemaak het. EK sal julle die Skepper van tornados en warrelwinde wys. EK sal julle masjien in skaamte plaas. Wat gaan julle doen, bewoners van die aarde wanneer EK die voetstoeltjie gaan skop, waar EK dit nou maar skaars geraak het. Wat gaan julle doen wanneer EK dit skop? Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, albei voete stamp?

Julle wat dink julle is so ryk, magtig en kragtig, julle wat 'n illusie van rykdom het, julle wat die armes onder julle voete vertrap. Wat gaan julle doen wanneer EK daardie rykdom uit jou hande gryp, wanneer julle dan arm is en ek die armes dan sal optel. Wanneer jy dan die een is wat honger en dors gaan ly, sonder 'n huis, en al jou waardevolle besittings wat weg is, wanneer julle die is wat julle huise ondergronds bouEK sal dit laat oorstroom en al jou skatte sal vernietig wees.

Julle wat die ondergrondse stede bou en dink dat julle so veilig is. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, 'n einde gaan maak aan julle illusie en julle daar binne begrawe soos grafte.

Net wat jy doen vir MY Seun YAHUSHUA JOU MESSIAS is wat gaan tel! Met wat jy gaan doen met die geld wat EK jou toegelaat het om te h. Net die woorde wat jy met jou mond gaan praat tydens jou konfessiejou berou, jou lof, jou aanbidding, slegs jou getuienis, slegs jou getuienis terwyl jy ander waarsku van die woorde wat EK gespreek het sal tel, slegs jou getuienis van die prys wat MY Seun YAHUSHUA betaal het, met die woorde wat EK, YAHUVEH, s, sal tel.

Wanneer jy voor MY staan en spog en s, "Ek het dit vir liefdadigheid gegee"Was dit gebasseer in MY? Het jy MY heliges gevoed? Het julle MY profete uitgehelp of het julle hulle daarsonder laat gaan? Dit is die vrae wat EK jou sal vra. Selfs die van julle wat deur MY naam geroep is, selfs die van julle wie YAHUSHUA eerste in julle lewe en julle liefde geplaas het, EK gaan julle vra "Wat het julle gedoen om hierdie ministerie te help om hierdie woorde uit te spreek?" Julle het MY stem gehoor! Wat het julle gedoen?

Het julle onderhandel? Het julle gedeel wat julle het? Het julle 'n toevlugsoord aangebied? Het julle soveel as 'n sluk water aan 'n profeet gegee in MY naam? In MY Seun YAHUSHUA se naam?

Het jy net ges, "Die Here sal jou sen, ek sal bid vir jou" of was jy 'n sen? Dit is die vrae wat EK sal vra wanneer jy voor MY troon sal staan. Het julle hierdie woorde geneem, het julle dit geneem na die Sondag kerke sodat die pastore verantwoordelik gehou sal word vir wat hy weet? Het julle ingegaan soos Jeremia se weermag, ten minste twee twee? Het julle na die vergadering gegaan en hulle verduidelik van die Sabbat feeste? Wat het julle gedoen? Het julle van MY Hebreeuse naam geleer? Het julle geleer van die krag en die salwing in die heilige Hebreeuse name van MY, YAHUVEH, van MY Seun YAHUSHUA?

Dit geld vir elke nasie regoor die wreld wat hierdie woorde hoor. Wat het jy gedoen? EK gaan julle vra. Het jy hierdie Diensmaagd op enige manier gehelp? Het jy haar gehelp om teen die vyand te baklei? Het jy Nikomia gehelp om teen die vyand te baklei? Hoeveel keer het julle gebid? EK gaan julle vra. Wanneer julle weet en julle lees Openbaring en julle weet hoeveel martelare daar gaan wees, het julle vir hulle vroegtydig gebid? Bid julle nou vir hulle? Ek gaan julle vra. Wanneer EK julle beveel om vir die twee getuies te bid, dat hulle sal glo en ontvang wie hulle is, EK gaan julle vra, was julle bidders tussen hulle wat vir hulle gebid het? EK gaan julle vra.

Hoeveel siele het julle na die Hemel gely? Hoeveel keer het jy getuig van YAHUSHUA JOU MESSIAS? Die prys wat HY betaal het by Golgota en hoe HY weer op die derde dag weer opgestaan het sodat julle vir ewig kon vrygestel word? Hoeveel keer het julle die mense vertel dat hulle heilig sal moet wees, dat hulle gehoorsaam sal moet wees? EK gaan julle vra.

Jy sien, dit is nie net genoeg om vir jou eie siel te sorg nie EK gaan jou vra, het jy oor enige iemand anders omgegee behalwe jou familie? Wie het EK, YAHUVEH, ges wie was jou familie? Het EK nie deur MY eie Seun YAHUSHUA se naam ges wie jou familie was nie? En dit is die wat aan MY behoort. Die wie YAHUSHUA JOU MESSIAS as Messias en MY enigste verwekte Seun aanvaar. (Markus 3:31-35)

Wil jy weet hoekom jou familie nie gered is nie? Wil jy weet of jou familie gered sal word?

Net soos die tronkbewaarder ges het, "Wat dit my en my huis aangaan, sal ons YAHUSHUA dien". O, EK weet julle was geleer, "Wat dit my en my huis aangaan, sal ons die Here dien". Maar weereens, hulle het die naam van MY Seun uitgeklad. Lees die heilige manuskripte en jy sal sien dat MY Seun se naam daar was. Dit beteken nie dat net die tronkbewaarder alleenlik sy hart na YAHUSHUA moes draai nie, maar sy familie ook. Dit is nie 'n "carte blanche" nie, 'n vry pas vir die familie. Elkeen werk sy eie redding uit met angs en bewing. Voordat hulle op die aarde geplaas is, weet hulle siele alreeds dat hulle name in die Lam se Boek van Lewe geskryf isen of hulle is in die "Book of the Blotted Out".

So dit is die woorde wat EK vandag uitgespreek uit deur hierdie Diensmaagd. Die woord sal gesel word, dit sal nie nou dadelik vrygestel word nie. EK sal haar eers op'n veilige plek kry, voordat hierdie woord vrygestel sal word, omdat daar geen meer oppad is nie.

So is dit gespreek , so is dit geskryf, gegee aan die Diensmaagd om met julle dit te deel, Elisabeth Elijah Nikomia



3/31/06. Vrygestel op 10 Junie 2006. Dit het so lank geneem om by hierdie land te kom waar YAHUSHUA ges het stel die profesie nou vry.