Profesie 96

YAHUVEH S, Dit is die Jaar van Welbehae (Jubeljaar),
Gooi Julle Dooie Gewig Af!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Elisabeth Elijah Nikomia
3 Mei 2008


* * * * * * * *


Verduideliking van Elisabeth oor hoekom Profesie 96 voortgekom het:

Hierdie Profesie het na vore gekom as gevolg van die salwing van gebedsintersessie en travailing terwyl ek saam met my geliefde eggenoot vir n Heilige man genaamd Doug, gebid het, wie aan ons geskryf en gevra het vir gebed omdat hy honger ly omdat hy nie $80,000 se skuld kon betaal wat aangegaan is met sy vrou se siekte nie, en wat uiteindelik geindig het met haar verhuising na die Hemel. YAHUVEH s hierdie woord is ook vir almal wie verpletterende skuldlaste het en geen manier het om dit terug te betaal nie. Ons weet nie wat die finiasile situasie van elkeen is wat hierdie Profetiese Woord sal lees nie, maar YAHUVEH weet. En as jy YAHUVEH se stem met jou hart hoor praat deur hierdie Woord, is dit vir jou ook bedoel. Gehoorsaam asb wat YAHUVEH s en kyk watter wonderwerk HY vir jou sal doen, as jy gehoorsaam. YAH het ons geleer, as ons ons deel doen, sal YAH SY deel doen.

Op Oudioband:

Niko : 3 Mei 2008 10.00 vm.

Elisabeth : Ons het n brief van Doug ontvang wat Katherineyah gestuur het en ek het nooit aan hom geskryf nie, maar ek huil elke keer as sy briewe aan my gelees word of as ek sy briewe lees. En vandag het ek sy brief gelees en ek het net pyn op die krop van my maag begin voel en soveel hartseer, want Doug is so geliefd deur YAHUSHUA ha MASHIACH. En HY (YAHUSHUA) het vir my ges om in te tree en vir hom te bid want hy is nie sterk genoeg om te bid soos ek gaan bid nie. Dit vat so baie van sy krag en toe s ek vir YAHUVEH, is ek sterk genoeg om dit te doen? want ek het nie goed gevoel nie. Maar ek weet ek is, anders sou HY my nie aanges het om dit te doen nie en dit is op hierdie Sabbatdag. Dit het net so gebeur dat dit my en my man se huweliks herdenking is. (whew.... diep sug.....)

Elisabeth spraat in Heilige Tale.....

Geliefde ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, hierdie man het n Woord nodig. Hy het n Woord van bemoediging nodig. Hy het rigting nodig. Hy het leiding nodig. Moenie dat ek een woord uit my vlees praat nie. Ek dompel my lippe in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek vra dat net U Woord voortkom ..... praat in Heilige tale.....

Ag ons tree nou in. Ons tree nou in in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH vir ons broer Doug, wie U so liefhet, wie net verlang om te weet wat sy volgende stap moet wees ... praat in tale ... wat is dit wat U vir U seun wil s? Wat is dit wat U wil s, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH? Wat is dit wat U vir u Seun wil s, Geliefde ABBA YAHUVEH ? Wat is dit wat U vir U seun wil s, IMMAYAH, RUACH ha KODESH? Gebruik my lippe ... ek wag nou. Ek wag nou... O Halleluyah ABBA YAHUVEH ... laat geen woord uit my vlees voortkom nie, slegs die Woorde van die Hemel. Ek smeek U in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, want my woorde uit die vlees kan nie hierdie man help nie, hy moet Woorde vanuit die Hemel kry, vanaf die Troon van YAHUVEH en YAHUSHUA en MOMMA IMMAYAH, ons MOMMA RUACH ha KODESH.

Profetiese Woord Begin:

MY geliefde Seun, l neer die groot gewig wat jy dra. Gooi die dooie liggaam van jou rug af. Want alhoewel jou vrou in die Hemel is by MY, het jy n las gedra wat dieselfde is as om haar lyk vir 24 uur per dag op jou rug te dra. Dooie gewig, dooie gewig van rekeninge van lank gelede. Dit is die dag wat EK verklaar het is jou jubeljaar. Dit is die dag wat EK vir jou s om daardie gewig van al die skuld wat jy het te vat en die mensgemaakte wette van bankrotskap te gebruik wat die namaaksel is vir wat EK dit genoem het om te wees.

Stel jou self voor en vra jouself af, wil EK h jy moet n lyk vir 24 uur per dag op jou rug dra? Dit het jou gesondheid geaffekteer tot n punt waar dit net MY wonderwerk is dat jy nog lewe, maar jy lewe vir MY Eer. EK vergewe jou omdat jy dink jy moet dinge volgens die mens se manier doen. Dit is nie MY begeerte dat hierdie rekeninge betaal moet word nie. EK praat nie van jou verband nie, EK praat van jou skuld van die verlede wat aangegaan is gedurende die tyd toe jou vrou nog op hierdie aarde was.

MY hart is so geraak deur die liefde, die liefde wat jy vir MY het, die liefde wat jy vir jou vrou het, vir alles wat jy vir ander doen. MY hart is so geraak dat EK die hart van hierdie Profeet wat nou praat, geraak het en EK ween deur haar en EK travail deur haar. Gooi daardie lyk opsy. Moenie langer hierdie dooie gewig dra nie want jy skuld hulle niks, want hulle is n nes van rowers wie nie eers hul eie skulde kan betaal nie en tog probeer hulle jou leeg suig soos n bloedsuier.

Dit is wat EK van hierdie kredietkaartmaatskappye dink. Dit is wat EK van hierdie skuldinvorderaars dink. Hospitale wie hulle pryse so hoog lig dat selfs wanneer n persoon lewe, word hulle elke dag doodgemaak asgevolg van die vernietigende skuld. Bloedsuiers! Aasvoels! Vampiere, dit is wat hierdie finansiele instansies is. Verbandmaatskappye sal tot niet gaan! Hulle sal in puinhope l omdat hulle sonder genade verbande op huise oproep. Hulle sal MY toorn voel en hulle sal self sonder huise wees! Want hulle sal maai wat hulle gesaai het.

EK het jou lief MY seun. Ag, luister asseblief vandag. Dit was geen ongeluk dat EK hierdie Profeet hierdie pad gestuur het nie. EK gee nie vir hierdie Diensmaagd n Woord vir elkeen nie. Want sy het nie die fisiese krag om dit te doen nie, maar omdat jy nie vir enigiets vra nie, sen EK jou vandag. Jy vra om MY aangesig te sien. Instede daarvan gee EK jou hierdie Woord, want jy kan nie die aangesig van YAHUVEH sien en bly lewe nie, maar jy kan na die gesig van MY Seun kyk. Vra om die aangesig van YAHUSHUA te sien. Eendag, en dit is nie ver af nie, sal jy MY aangesig aanskou, en jou belonings sal jou na die Hemel volg. En jy sal herenig word met jou vrou. Maar nou het EK n taak vir jou om te doen. So, op hierdie Sabbatdag gee EK jou n antwoord op jou gebede, en EK verlos jou op n ander manier van jou skuld as jy net gehoorsaam en ter ere van die liefde wat jy en jou vrou gedeel het, raak EK die hart van MY Diensmaagd aan op hierdie spesiale herdenkingsdag.

MY geliefde seun, daar is nog een ding wat EK te s het. Jy moet n nuwe rel maak, Maar wat my en my huis aangaan, ons sal YAHUVEH en YAHUSHUA dien. Hierdie rel moet geld vir enigeen wat onder jou dak slaap. Of hulle doen dit op MY manier en jy s vir hulle dit is MY rel, jou ABBA YAHUVEH, of hulle word uitgeskop om op die wreld se hoofweg te reis. Onthou jou naam is nie YAH nie. Jy kan net doen wat EK jou s om te doen. Moenie enige las opneem tensy jy weet EK het daardie las op jou geplaas nie. En dan moet jy daardie las vat en dit by die kruis los. Moenie probeer om meer te dra nie want jy het vir te lank geloop en laste dra wat EK nie op jou geplaas het nie. Terwyl jy hierdie Woorde in gebed na MY toe neem, weet jy weet alreeds en jy sal presies weet waarvan EK praat. Jy is MY kosbare seun. EK soen nou jou wenkbrou. En EK eindig dit met MY Woorde van liefde. Staan op MY Woord want dit kan nie lieg nie. Soos jy in MY woon, so woon EK in jou

Einde van Woord.

N die Woord het YAHUVEH vir Elisabeth ges, Voeg hierdie Woord by die lys van jou Profesie. Dit is nie net vir een nie. Dit is vir almal wie die dooie gewig van vernietigende skuld dra.

YAHUSHUA ha MASHIACH het SY bediening begin met n duidelike verwysing na die Jubeljaar. In die sinagoge by Nasaret het HY hierdie woorde uit Jesaja gelees: Die Gees van YAH is op MY, omdat HY MY gesalf het om n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; HY het MY gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep n jaar van die welbehae van die Here (Jesaja 61:1-2 en Lukas 4:18-19).

HY het van vrylating aan die gevangenes en n opening vir die geboeides gepraat en die jaar van YAH se welbehae aangekondig. Watter ander jaar sou dit bedoel as die jaar van welbehae (jubeljaar)? Nadat HY dit aangekondig het, het HY verlossing van sonde, siekte gebring. En die verlossing van satan gebring aan menigtes van hulle wie gebonde en bedroef is. Dit het alles n toppunt bereik met SY eie verlossing van die kettings van die dood, en 50 dae later die verlossing van Sy volgelinge van alle vrees op die glorieryke dag van Pinkster. Op hulle beurt het hulle verlossing en vrymaking aan gevangenes geproklameer waar hulle ookal gegaan het.

In die jaar 2008 het die ekonomie almal behalwe die super rykes hard geslaan. Werkloosheid, verbandoproeping, keuses tussen afbetaling van skuld en brood op jou tafel en betaling van skuiling en brandstof, het selfs Amerikaners genoop om nederig te raak. Hongersnood beweeg oor nasies en lande en ek sou julle graag wou vertel dat dit beter sal gaan, maar die Bybel kan nie lieg nie. Dit is nou n mensgemaakte hongersnood, gulsigheid, oliemaatskappye en selfs die Amerikaanse President, George Bush wie n vertoon opsit dat hy omgee dat Exxon n wins van biljoene dollars het, en tog, sedert die Bush families se hoofbeleggings olie is, kan hulle al die pad bank toe lag.

YAHUVEH doen niks voordat HY nie eers die profete waarsku nie en ek is op baie verskillende tye profesie gegee om die wreld te waarsku. Dit is nog nie YAHUVEH se toorn wat die voedseltekorte veroorsaak nie, dit is die mens se onmenslikheid teenoor die mens, die rykes manipuleer pryse om die populasie te verminder sodat die rykes geen terkorte sal h nie. Boere in Amerika word betaal om nie gewasse te plant nie. Mielies word deur die rykes gebruik om geld te spaar met hulle hybred voertuie terwyl daardie mielies miljoene honger mense kon voed. Die rykes soos Donald Trump en ook lugdienste, besighede, het bankrotskap gebruik om sy rykdom te manipuleer en het net ryker geword. Nietemin, dit is gewone mense wie moet kies tussen kos om te eet en om hulle skuld te betaal.

Hierdie profesie is nie vir almal nie, as jy geen probleem het om jou skuld af te betaal nie en nie swaarkry nie, is hierdie profesie nie vir jou bedoel nie. Nietemin, as jy swaarkry en gevange gehou word deur dreigemente van die skuldeisers, weet net dat YAHUVEH jou gebede gehoor het en jou trane sien en HY het my gesalf om hierdie woord uit te spreek. Laat my asb weet of dit jou gesen het, skryf en s vir ons as jy YAHUVEH se stem gehoor het wat jou toestemming gee om die mensgemaakte wette te gebruik om jou vry te maak van die skulde wat jou vernietig.

Die konsep van bankrotskap is n swak teenvoeter en dit is die duiwel wat saam met bankrotskap seker maak mense voel skaam en n mislukking. Nietemin, onthou satan na-aap altyd die egte. Die vryheid van skuld spruit voort uit die Bybel se idee van die Jubeljaar, die 50ste jaar. Soos dit in Levitikus aangeteken is, sal die wie in slawerny verkeer asgevolg van skuld, vrygemaak word, grond wat asgevolg van skuld verloor is, sal teruggegee word.

Ek vind dit geen toeval dat hierdie profetiese boodskap uitgekom het gedurende die aftel van die Omer terwyl ons die dag na Pinkster aftel toe die dissipels gevul was met tekens, wonders en kragte, toe die Kosbare RUACH ha KODESH hulle in die bovertrek gevul het nie. As jy n Jubeljaar nodig het waar jy vry van die skuld kan kom wat jou vernietig, eis hierdie woord van YAHUVEH as jou eie. Daar is geen skande hierin nie, want selfs die skuldeisers soos banke, kredietkaartinstansies, verbandmaatskappye, en selfs die Regerings van verskeie lande, insluitende Amerika, moes meer geld leen omdat hulle nie hulle skuld kon betaal nie. Maar dieselfde persone kom agter die gewone persoon aan met hulle duur prokureurs en dreigemente en toon geen genade nie. YAHUVEH is nie geamuseerd nie en ek kry die rykes jammer wanneer HY oordeel oor hulle gaan stuur, dit sal n wraak wees soos geen ander nie en die skoen sal dan aan die ander voet wees.

Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

www.amightywind.com
www.almightywind.com