Profesie 99

EK YAHUVEH Is Besig Om MY Geduld Met Julle Af Te Tel!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
deur Elisabeth Elijah Nikomia
25 Mei 25 2008

Vyf Sjinese paartjies het hul troufotos laat neem, toe die aardbewing op 12 Mei tref, en almal sonder beserings ontkom het. Die terrein waar die fotos geneem is, n eeu oue teologiese kweekskool, is verwoes.

YAHUVEH gee ons dikwels "visioene" in die geskiedenis van dinge wat profeties is. Hierdie, glo ek, is wat gebeur het gedurende die onlangse sjinese aardbewing en die foto van die VYF bruide wat probeer het om hul troubeloftes te maak op dieselfde tyd wat die aardbewing plaasgevind het (interessant, is dit nie het jy agtergekom---dat daar VYF bruide was?) Dit is n foto van die wêreld wat YAHUVEH uitdaag deur te sê "Ons sal eet, drink en vrolik wees..." reguit tot die EINDE. Die fotos wys die vyf bruide wat in verwarring staan NA die aardbewing met modderbesmeerde uitrustings en daar is rommel, puinhope, stof en modder oral om hulle in hopewat n "visioen" van hierdie wêreld! Wee hierdie wêreld wat die heiligheid bespotlik maak, aborsie, genadedood, homoseksualiteit, en dieselfde geslag-huwelike. YAHUVEH sal nie langer bespotlik gemaak word nie. Wee die nasies wat hulle rug keer op die een en ware Skepper YAHUVEH en Messiah YAHUSHUA HA MASIACH en ons Kosbare/Dierbare Moeder die RUACH ha KODESH.

Die ironie dat daar 5 bruide staan in die middel van die verwoesting, verbrokkelende heiligdom, herinner my aan die 5 dwase maagde soos vertel is in die gelykenis deur YAHUSHUA wagtend op hul Bruidegom om hulle te kom haal. YAHUSHUA sal kom maar HY sal net die 5 wyse maagde met ekstra olie in hul lampe, saamneem. Lees oor die aardbewing en kyk na die fotos wat in Sjina geneem is, hul uitrustings is besmeer, geskeur, georganiseerde ou kerk lê in puin.. Word wakker en sien dat dit nie toevallig is nie. Lees die profesie en bid en sien dat YAHUVEH spesifiek vir Sjina noem en sê dat dit die oordeel uit die Hemel is. Wat met Sjina gebeur het sal gebeur met Kalifornië en ander state, lande en nasies, in besonder Amerika, wanneer hulle dit die minste verwag. 60,000 mense in Sjina en nog word getel, is gedood wat ek gehoor het gerapporteer is. Lees wat YAHUVEH hieroor sê. BID dat julle waardig geag sal word om SY WRAAK te ontsnap soos HY die dae aftel wanneer SY GEDULD tot n end kom! Soos ons die dae van die Omer aftel, so ook tel YAHUVEH die dae tot die einde van SY GEDULD, en wee die een wat op die aarde is wanneer dit gebeur!

"Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly?" Openbaring 6:17

In die sesde hoofstuk van Openbaring, beskryf Johannes die mees tragiese, nuttelose gebedsbyeenkoms in die geskiedenis van die wêreld! Bid nou terwyl jul gebede vir genade nog gehoor kan word! Bekeer julle en draai weg van die sonde terwyl daar nog tyd is! Môre mag te laat wees!

Gehuil en gekerm, uitroepe en eise, gekla en Gefluister---alles sal gehoor word daardie dag met die koms van YAHUVEH wanneer die wraak en oordeel van YAHUVEH vrygelaat word. Selfs die berge en eilande sal uit hul plek verwyder word.

Maar teen daardie tyd sal die gebede en uitroepe van sondige mans en vrouens heeltemal te laat wees!

Al die ryk en beroemde akteurs, aktrises, talk show aanbieders, politikuste, insluitend konings, president, heersers van lande het die leuns van die duiwel en sy wetenskaplikes geglo en hulle vertroue en hoop in hulself en ander menslike moontlikhede gestel. Hulle plaas hul geloof in geld kan alles koop,' tog sal hul met die ander wees wat uitroep in vrees. Hulle sal uitroep dat verbrokkelende rotse en berge op hulle moet val om hulle te versteek van die wraak van YAHUVEH, en die eniggebore Seun van YAHUVEH, SY NAAM IS YAHUSHUA HA MASHIACH!

Ons is onder hulle wat glo dat die oordeel van YAH n sekerheid is. Ons ken nie die dag of die uur. Maar YAHUVEH gaan verseker die aarde laat bewe soos nog nooit tevore, en HY sal dit oorgee aan die enigste KONING VAN DIE HEELAL, YAHUSHUA HA MASHIACH!

Nota: Ons het die naam van die persoon in hierdie Profetiese Woord uitgelaat vir hul eie veiligheid en beskerming. Elisabeth, Niko en Katherineyah het saam ingetree in gebed vir n eggenoot wat sukkel om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH. Hy is in n ongelykwaardige huweliksband en hy verontagsaam n opdrag wat deur MOMMA SHKHINYAH aan hom gegee is, deur in hierdie ongelykwaardige huwelik te bly. YAH het gesê dat die opdrag nie voltooi kan word terwyl hy in hierdie ongelykwaardige huwelik is, n huwelik wat nie van YAHUVEH is nie.

Sodra hulle begin bid het, het Katherineyah die woord 'dryfsand' gehoor en n visioen gesien van n man wat wegsak in dryfsand. Hierdie Broer is besoedel in dryfsand. Katherineyah het toe sementblokke oor sy voete gesien. Elisabeth het gesê dat hy gewoond geraak het aan die sementblokke en nie in staat was om te beweeg nie, maar sy sien toe n visioen van n groot hammer in sy hand as hy sou verkies om dit te gebruik. Hy kon vry breek van die sementblokke as hy sou verkies. Dit is binne sy mag om dit te doen maar dit is sy eie keuse.

Dit is wat van die audio tape oorgeskryf is.

Niko: Ons broer ....... , wat aan die opdrag werk, en hy is besig om langs die verkeerde weg te gaan. Ons het hom gelei in wat hy veronderstel was om te doen en hy het die verkeerde afdraai geneem. So nou is ons in gebed en intreding hieroor. Ons het nodig om hom n duidelike aanwysing te gee en daar is net nie meer tyd. Daar is ook geen tyd meer vir enigiets behalwe streng gehoorsaamheid. Hierdie meisies kry so baie visioene en goed, ek gaan hul net laat gaan.

Katherineyah: Ek voel of die HERE n weerligstraal gaan stuur en daardie sementblok gaan slaan.

Niko: Wat is daardie weerlig?

Elisabeth: Dit is die salwing, die RUACH HA KODESH vuur nou om die sementblok te slaan in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. Maar weereens, het hy n keuse. Ek bly dit weer en weer en weer hoor. Hy is so gewoond om die skoene van sement te dra, hy is so gewoond om nie te kan beweeg nie, hy het gemaklik geword. Hy is so gewoond om opdragte van sy vrou te neem, net soos Gary is. Hy is so gewoond daaraan en tog weet hy. Hy weet wat hy moet doen. Hy kyk na ander om hom te vertel wat om te doen maar hy ken alreeds die antwoord. Hy weet dat hy nie terug moet gaan werk toe nie. Hy kan nooit sê dat aan hom n "So sê YAHUVEH," gegee is, dat hy moes teruggaan na sy werk toe nie. Sy 'werk' was daardie opdrag. Dit is sy vrou wat aan hom die opdrag gegee het om terug te gaan werk toe. Sy gee hom n ultimatum en ....... jy (Elisabeth begin in tale bid) moet haar laat weet dat haar intimidasie en manipulasie nie sal werk, dat sy nie mind control, manipulasie, intimidasie teen jou kan gebruik nie. Sy is so begaan oor sekuriteit. Eintlik is sy is gevul met skaamte, sy is meer geinteresseerd om haar ouers en familie te beindruk. Ek weet nie of dit haar eie ouers is of iemand na wie sy draai vir ouerlike advies, maar hulle sê, "Hy is nog nie terug werk toe nie? Hoeveel hiervan gaan jy verdra?" So dit isn kwessie van haar trots. Sy is nêrens op die bladsy nie, nêrens nie, ek sien n boek met n leë bladsy. Sy is nêrens, nêrens op.......se bladsy nie, nêrens, nêrens, nêrens ....... op jou bladsy nie. Jy wil haar graag op jou bladsy hê, maar sy is glad nie daar nie.

* * * * * * *

YAHUVEH begin praat:

Wie gaan jy vrees, sê YAHUVEH? MY Geliefde Seun ........ , wie vrees jy meer? Vir wie vrees jy oor om te beledig of om ongehoorsaam te wees?

Jy word getoets. Daar is nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, van die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wat nie nou getoets word om te sien wie hulle gehoorsaam, te sien wie hul vrees om te beledig nie. Dit moet EK wees, dit moet EK wees, dit moet EK wees, YAHUVEH. Dit moet wees YAHUSHUA, jou MASHIACH. Het HY nie die voorbeeld gestel nie? Dat HY geweier het om ongehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH. HY geweier het om ongehoorsaam te wees aan SY Hemelse VADER.

Die tyd is so kort. EK het hulle een vir een soos onkruid uitgetrek. Daar is geen gratis rit nie. EK het jou vertel dat ek besig is om MY geduld af te tel. Waarom dink jy bly EK jou vra, "Tel jy die "Omer" af? As jy MY nie nou kan hoor nie, hoe sal jy MY dan hoor? Hierdie Ministerie het die salwing om die begeerte vir mense te gee wie se name geskryf is in the Boek van die Lewe van die LAM om MY stem te hoor, om MY wil te doen, omdat jy n voorbeeld vir hulle is. Wat sal jy doen .......? EK weet alreeds.

Dit sou so maklik vir MY wees......... om dit vir jou op die maklike manier te doen maar hoe sal jy jou toets slaag? Hoe sou jy gehoorsaamheid bewys? Hoe sou jy bewys wie jy meer lief het? Dit geld nou vir al die mans. En al die vroue wat nou in ongelykwaardige huwelike is. Dit was nie deur MY hand wat hulle bymekaar gebring is nie. Wat sal jy doen wanneer die tyd van die Groot Verdrukking kom en as jy nie waardig gevind word om MY Bruid genoem te word nie, as jy nie waardig gevind word as die Bruid van YAHUSHUA nie? So onthou wat ookal aan YASHUA behoort, is MYNE. En wat ookal MYNE is, is MY SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH s'n. Wat sal jy doen as jy agtergelaat word? Sal dit die moeite werd wees? Die einste persone waaraan jy jouself verbind sal die einste persone wees wat jou sal verraai. Wat sal jy doen? Jy dink dit is nou moeilik? Jy het geen idee nie. Teen daartdie tyd sal mans hul vrouens verraai en vroue sal hul mans verraai. Kinders sal hul ouers verraai en ouers sal hul kinders verraai. Daar sal geen lojaliteit wees nie. Die enigste familie wat dan sal tel sal die familie in YAHUSHUA HA MASHIACH wees. Hulle sal die enigstes wees wat jy sal kan vertrou. Al sal jy n vreemdeling ontmoet, sal jy kan herken wie hulle is. Dit sal getuienis wees vir almal om te sien.

So ........ en ........ , en die ander mans wat Niko bedien, EK kan nie julle toetse kanselleer nie. Dit is wat julle van MY verwag om te doen. Almal word getoets. Sê MY Woord nie, "Die beproewings van jou geloof is meer werd as goud." Die een waardeur EK nou praat, hierdie vyf wat die Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, hulle almal is getoets. Adam het weggestap van die huis wat hy vir baie, baie jare sy eie genoem het. Hy het weggestap van n werk wat 'n goeie inkomste ingebring het en O hoe lank het hy gewag dat dit n eenheid moes word, tog het EK vir hom gesê om weg te loop. Joainneyah, moes haar biologiese familie verlaat het. 'n Eie kind van haar lende. Almal van julle, almal van julle, almal van julle, die moeder se hart wat voor MY kom staan het, so mishandel en gebroke en gekneus. Jy mis jou kinders maar jy het hulle op die altaar van opoffering gelê en dit geld vir jou ook Niko en jy sê, "Doen met hulle soos U wil want hulle is nie my kinders nie maar U kinders". So EK lig julle op geestelike kinders wat by jou kom huil soos n Mamma en Pappa en hul lende begeer jou leiding soos hulle jou liefde begeer. Hulle wil MY gehoorsaam en EK sê vir jou om vir hulle n voorbeeld te wees en hulle te lei. En EK is omtrent gereed om jou n skok te gee, hierdie geestelike kinders het jou meer lief as jou biologiese kinders jou ooit lief kan hê. Hulle respekteer jou. Hulle eer jou. Moenie een van hulle as vanselfsprekend neem nie. Soos jy geduld het met jou biologiese kinders, so moet jy geduld hê met jou geestelike kinders. Moenie jou hande om hoog gooi en sê, "Ek het genoeg gehad."

Niko, EK het jou n nuwe mandaat gegee, daar is een waar jy jou hande omhoog gegooi het en jy gesê het, "Ek het genoeg gehad." Jy het jou hande van hom gewas, alhoewel hy jou pa noem, ken jy hom by die naam Jeremiyah. Jy moet vir hom skryf. Jy moet hom kontak. Hy het jou pa genoem.

(Ons was nie in kontak met Jeremiyah vir n aantal maande nie. Na hierdie Woord gegee is, het Niko na ons email gegaan en raai wie het ons ge-email. Ja, Jeremiyah het ons ge-email VOORDAT Niko hom kon email. So Niko het hom ge-email en ons is weer in kontak met Jeremiyah. Hierdie is meer bevestiging van hierdie Woord wat van YAHUVEH kom.)

Moet nooit so opgeblaas wees van trots, dat mense dink dat jy altyd aan MY gehoorsaam was nie, omdat almal, almal, almal tot n sekere punt geworstel het, almal van julle sê, "Ek sal dit liewer op my eie manier doen." Dit is net daar dat EK julle so n loesing gee. Almal van julle het op die harde manier geleer. En dit is hoekom jy nou sê, "Wat U ookal sê ABBA YAHUVEH, ek sal dit U manier doen. EK het nie eens nodig om MY stem te verhef nie. Julle weet wanneer julle verkeerd doen. EK sê nie dat enigeen volmaak is behalwe MY SEUN YAHUSHUA, maar EK sê al wat ek van enigeen van MY kinders verwag is om te probeer.

So ....... , doen jou deel, jy weet wat EK vir jou gesê het om te doen. Jy weet wat ek jou gesê het om nie te doen nie. Satan wil nie hê dat hierdie uitvinding ooit die lig moet sien nie. So hy het een vrou wat in die pad staan. En sy is soos n muis wat brul en jy vlug weg in die hoek. Hoe kan sy dit respekteer?

Die tyd is later as wat jy dink en EK het Sjina gestuur as n voorbeeld wat gebeur wanneer MY geduld besig is om op te raak. Lank gelede het EK jou Woord gegee, Elisabeth, 'Einde van rondte een, nou vir rondte twee.'Wees op jou hoede Sjina omdat rondte drie kom. (Sjina het pas n vernietigende aardbewing wat omtrent 60,000 mense gedood het)

En Amerika, EK het nog nie eens begin nie. Weer en weer het EK gesê, EK het die ergste vir laaste gebêre. Jy het nog nie eers, eers, eers begin om MY wraak te proe nie. En Europa, moenie dink dat jy jou noodlot sal ontsnap nie. Op die oomblik is daar net een harde stem wat protesteer, wat EK verfoeilik vind en EK gebruik die Katolieke kerk, onthou, soos EK die donkie gebruik het en deur hom gepraat het, gebruik EK die Katolieke kerk om te waarsku, te waarsku oor die heiligheid van lewe. Waar is die ander? Waar is die ander georganiseerde gelowe? n Wêreldwye uitroep moes uitgegaan het, om n dierlike en menslike embrio bymekaar te voeg, om enigsins so n plan te bedink, om n half mens en half dier te kry, jy kan nie eers begin om te weet wat die pad is waarop jy begin loop het nie. Om MY te tart met die heiligheid van die huwelik? Daar moes n wêreldwye uitroep gewees het teen huwelike met dieselfde geslag! Hoekom is dit so stil? Waar is die kerke? Waarop het almal in Islam nie opgestaan nie? Hulle gee om vir n teken spotprent! Hulle stuur angs na enigeen wat nie met hulle saamstem nie. Maar hoekom is hulle stil?

Dit is waarom ek nou op die aftel van MY geduld is. Dit wat julle dink jare weg is, almal van julle, almal van julle daar kom n wrede ontnugtering. EK beveel hierdie Ministerie om dit te doen wat hulle moet doen en dit gou te doen. Daar is geen tyd meer om teenoor die babas oorbeskermend te wees nie. Dit is tyd dat hulle groot word. Dit is tyd vir manne om manne te wees. Dit is waarom ek vrouens as leiers daargestel het. Dit is waarom ek n Deborah opgerig het! Die manne is Baraks! Hulle is lafaards! Nie al MY manne nie. EK het MYNE, MY eie. En hulle hoor MY stem en hulle spreek MY Woorde maar o hoe min, hoe min. En julle vrouens word geintimideer in hierdie ongelykwaardige huwelike en die Skrifte is teen julle gebruik om te sê, "Bly stil." EK het jou net gesê om daardie man te gehoorsaam as hy in lyn is met MY Woord. As hy nie is nie, wys hom hy is nie jou baas nie! Genoeg is genoeg! Genoeg is genoeg!

MY liefling seun Niko EK salf jou hierdie dag om die woorde met moed uit te spreek aan hierdie manne sodat hulle kan onthou wat n man veronderstel is om te wees! Hulle moet MY behaag, voordat hulle enige vrou behaag, voordat hulle enige kind behaag en vir die vroue wat in ongelykwaardige huwelike is, EK herinner julle aan die gees van Deborah! Julle moet MY behaag. Julle moet YAHUSHUA behaag! Voordat julle enige man behaag! Voordat julle enige kinders behaag. Gehoorsaamheid, gehoorsaamheid, gehoorsaamheid is beter as opoffering! Neem weg julle tiendes en neem weg julle offerhandes en neem weg julle lofsang, as julle MY nie gehoorsaam nie! As julle MY nie nou gehoorsaam nie, wat laat julle dink dat julle MY sal gehoorsaam in die Groot Verdrukking wanneer dit skaars sal wees om n Profeet dit so te hoor sê? Leer om nou te gehoorsaam! Hoe bewys jy dat jy YAHUSHUA HA MASHIACH liefhet? Sê MY Woord nie, "As julle MY liefhet, sal julle MY gehoorsaam."Hoe het YAHUSHUA HA MASHIACH bewys dat HY vir YAHUVEH liefhet? Om gehoorsaam te wees aan elke Woord wat EK sê. Moenie beloftes aan MY maak wat jy nooit van plan is om te hou nie.

EK is nie bekommerd oor mensgemaakte huweliksbeloftes aan huwelike nie. EK het dit nie eens saamgestel nie en nou sien julle mekaar vir wie julle is. EK is net bekommerd oor daardie huwelike wat vanuit die Hemel bevestig is. En hoe weet julle dat hulle vanuit die Hemel bevestig is? Omdat julle een is in MY. Dit is waar dat die Woord sê die man behoort die geestelike leier van die huishouding te wees en wanneer daardie man nie geskik is om die geestelike leier van die huishouding te wees nie, dan sal EK n leier van die huishouding hê, of dit nou n vrou of dit n kind is, EK sal iemand hê wat MY Woorde sal uitspreek. EK sal iemand hê wat MY Woorde sal uitspreek! Al is dit n klein kindjie, EK sal iemand hê wat MY Woorde sal uitspreek! MY Glorie sal n getuienis wees vir almal om te sien! Julle in hierdie georganiseerde kerke, julle weet dat hulle n stank in MY neusgate is maar julle sê julle moet n gebou hê om gemeenskap in te hou. Wat het geword van gemeenskap hou met MY een tot een? Wat het geword van gemeenskap hou met MY SEUN? Julle is in die aftel van die "Omer". Julle is in die aftel van MY geduld.

Wee, wee, wee, wee hierdie aarde wanneer MY geduld verby is! Bid dat julle waardig geag word om MY Wraak te ontsnap! Dit moet julle aanhoudende gebed wees daagliks en elke dag. EK is nie kwaad vir diegene wat MY gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat prober om MY te gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat sal sê, "Ek luister na U stem. Leer my en lei my." EK is ook nie eers kwaad vir diegene wat sal sê, "Asseblief vergewe my." EK is kwaad vir diegene wat weier om te gehoorsaam. En Oordeel begin by die Huis van YAHUVEH. Die heidene weet nie hoe om MY stem te hoor nie. Maar EK is kwaad vir diegene wat eis dat hulle aan MY behoort en aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort en weier om te gehoorsaam!

Sjina proe nou MY Wraak. Maar EK spaar diegene wat MYNE is. Hulle staan op en het gesê, "Geen Bybels word hier toegelaat." Hulle gooi MY heiliges in die tronk, Diegene wat MY waarlik liefhet en dien, hulle stel hulle tereg. Hulle martel hulle. Hulle weerhou kos van hulle! Proe MY Wraak Sjina want meer is aan die kom!

(Elisabeth sê: "Ek het nou op die oomblik n gesig en ek sien wolke en in die wolke voor die aardbewing en vertel dit vir Niko en nou verstaan ek hoekom, daar was n wolk en dit het, as ons daarna kyk sou ons kon sê dit het die mees briljante renboog skynsel in die wolk gehad. (Ons stem nie saam met al die kommentaar op die link na youtube). Maar ek het dit gesien op youtube en ander nuus berigte. Dit was so helder, verskillende kleure ligte binne a wit wolk en dit het so pragtig gelyk en hulle sê vir 30 minute voor die verwoestende aardbewing, het hierdie wolke gehang en ek het die fotos gesien wat hulle geneem het en ons moet in staat wees om hierdie fotos te plaas vir al die mense om te kan sien maar nou verstaan ek en ek sê, "Waarom moes sulke skoonheid verskyn voor die aardbewing in Sjina?" En dit is wat YAHUVEH nou vir my sê toe HY my die visioen wys.")

Woord gaan voort: Omdat die reënboog n belofte verteenwoordig en EK n belofte gemaak het aan diegene wat MY aangeroep het, aan die bedroefdes, aan die wat vervolg is, aan hulle wat martelaars is in Sjina, om in die tronk te wees, diegene wat in die tronk is en wat gemartel is omdat hulle vir YAHUSHUA aanbid, EK het n belofte gemaak dat EK wraak sal neem vir hulle! En dit is net die begin Sjina! Dit is net die begin, as n voorbeeld soos een nasie in die wêreld dieselfde doen.

Sê MY Woord nie dat EK, YAHUVEH wraak neem? Wraak is MYNE sê EK, YAHUVEH! Roep MY aan en ek sal veroorsaak dat julle vyande in 7 verskillende rigtings hardloop! Hoe baie verskillende rigtings hardloop julle nou o Sjinese regering? Maar EK maak seker dat die Heilige engele daar is om julle broers en susters te beskerm en te voorsien in YAHUSHUA HA MASHIACH. Wee die wêreld. Kyk na Sjina. Julle sal sien hoe dit wat met Sjina gebeur het ook Kalifornia tref. Ek sal nie die ander dele van die wêreld noem maar Amerika jy wil n harp speel? (H.A.A.R.P.) Wag totdat ek MY harp speel. Jy wil die weer beheer, jy het nog niks gesien nie.

EK stuur verwarring na die wetenskaplikes. EK stuur verwarring na die astroloë. Daar is waansin in die Wit Huis. Daar is waansin in die regering. Die mense hardloop heen en weer. Die politikuste is waansinnig. Hoe kan hulle die mense lei? So roep MY aan. Roep MY aan. Roep MY aan terwyl ek nog wil luister, roep MY aan. Ek doen niks voordat EK nie eers deur die Profete gepraat het nie. EK het gewaarsku uit die mond van die Profeet wat sou gebeur van die oomblik dat hulle Amerika verlaat het, n Profesie was vrygestel en EK het julle gewaarsku wat sou gebeur wanneer die prys van ru-olie styg, EK het julle gewaarsku oor die kospryse. (Prophecy 85) EK het julle gewaarsku oor die kostes. EK het julle ook gewaarsku oor die trokbestuurders as die pryse styg, julle het nog niks gesien nie.

Maar nou dit, hierdie hongersnood is nie MY toedoen nie. Dit is die manipulasie van diegene wat vol hebsug is. Soos hulle die goud en silwer vir hulself vergader en saamsweer om diegene in nood dood te maak. Dit het begin met aborsie en daarna het dit gegaan na diegene wat te siek is om hulself te verdedig. Dit was die menseslagting waarvan EK gepraat het. Daar is dood in die inentings. EK het weer en weer gewaarsku. Omdat hierdie wêreld nie dink dat hulle arm kinders nodig het nie. EK het julle gewaarsku dat dit na die oudstes sou gaan. Alles is menseslagting. Alles van hierdie is sodat daar vir die rykes voorsien kan word in hulle eie oë. En nou wring julle julle hande en wonder hoekom tienerselfmoord so hoog is. Julle enigste hoop is in YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle enigste hoop is bekering en gehoorsaamheid. Julle enigste hoop is in MY genade. Omdat EK lyding verlang. So gaan voort met wat julle doen. Gaan voort om te waarsku. Terwyl julle die Vryheid het om uit te spreek want daar is kragte wat julle wil stil maak, wat MY Ware Profete wil stil maak. So praat terwyl julle kan.

Einde van Woord

Niko: 25 Mei, voltooi teen 9:24 in die aand. Het begin om te bid vir n broer, ........ , wie in stryd is om in volle gehoorsaamheid te loop en bid nou om te sien hoe ons hom kan help en hom kan lei en hom rigting kan laat kry.

Elisabeth: Dit is n ongelykwaardige huwelik en hy het die vernuf om die wereld te verander en n ongelykwaardige huwelik hou alles terug.

Niko: So dit is wat hieruit gebeur. Hierdie Woord het gekom en ons gaan dit laat tik voor die wêreld. So dankie ABBA, YAHUSHUA, MOMMA IMMYAH. En ek bid broers. Ek bid dat julle luister. Ek bid dat julle dit in julle gees en siel ontvang. Niks anders maak saak nie, manne en vroue. Niks anders maak saak nie. Doen wat julle weet julle veronder stel is om te doen. Moenie skik nie. Gehoorsaam. En kyk net na die wonderwerke wat gebeur. Ons het dit gedoen. Ons het dit ondervind. Dit gebeur elke dag.

Katherineyah: Julle moet vertroue h dat YAHUVEH weet waarvan HY praat, wanneer HY vir jou sê om iets te doen. Moenie HOM betwyfel nie. Dit is n belediging vir HOM. As jy gehoorsaam dan is jy respekvol aan GOD ALMAGTIG wie die Heerskappy is bo almal.

Niko: Jy preek dit Katherineyah! Preek dit suster!

Elisabeth: Joainneyah, het jy enigiets te sê?

Niko: Joainneyah, sy moet haar 2 sent hierin sit.

Joainneyah: Moenie dit aan my doen nie. Loof YAHUSHUA! Moenie bekommerd wees nie!

Almal: Loof YAHUSHUA!

Niko: Almal klaar?

Katherineyah: Dit grief VADER wanneer hulle HOM nie gehoorsaam nie. Dit grief GOD ALMAGTIG, alle mans, alle vroue wie nie na VADER luister nie en gehoorsaam, punt. En ek weet dat julle HOM nie wil bedroef maak nie, so soos Niko gesê het en Elisabeth gehoor het luister, gehoorsaam, oor en uit.

Niko: Oor en uit!

Apostel Elisabeth Elijah Nikomia

www.amightywind.com
www.almightywind.com